Man in selle verkrag

‘n 37-jarige man is na bewering deur drie mans in die polisieselle in Graaff-Reinet verkrag, volgens die polisie.

Insp. Mornay Van Eck het gesê die verkragting het glo Donderdagoggend plaasgevind, kort nadat vier mans in hegtenis geneem is omdat hulle dronk was in die openbaar.

“Hulle was al vier saam in die sel waar die verkragting plaasgevind het toe polisielede die slagoffer gevind het.”

Van Eck het gesê die man is uit die sel verwyder en die ander drie mans is steeds in aanhouding.

“Die slagoffer is nie na die hospitaal geneem nie,” het van Eck gesê.

‘n Ondersoek na die verkragting duur voort.

 

какое пуско зарядное устройство выбратьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae