Terwyl die koppe nog gestamp word oor hoe goed of sleg die grondwet is, het ‘n paar belangrike hofsake weer laat blyk hoe belangrik dit is dat howe hul politieke onafhanklikheid en juridiese suiwerheid moet behou. Waarskynlik die ingrypendste hofbeslissing het in die Grondeisehof gekom toe ‘n gemeenskap se eis op die plase van agt
Marcus sê nasionalisering is ‘mal’
Gill Marcus, president van die Reserwebank, het dit Dinsdag duidelik gemaak dat die rand nie vasgepen sal word nie en dat die nasionalisering van die instelling “mal” is. “Ek dink nie ons sal die benadering volg om ’n vlak te teiken nie. Dit is ingewikkeld en daar is baie kwessies rondom dit,” het Marcus gesê.
Pornografie kom op DSTV
MultiChoice oorweeg dit om pornografie uit te saai, sowel as die moontlikheid om nuwe sekskanale op DStv se satelliet-betaaltelevisiediens te skep. “MultiChoice is die afgelope paar maande oorval met versoeke vir volwasse inhoud op DStv,” het Jackie Rakitla, hoofbestuurder van korporatiewe sake by MultiChoice, gister by navraag gesê Lees die berig hier. осушитель воздуха ценаФильчаков
Maroga was oneerlik sê Eskom
Eskom het dokumente by die hof ingedien waarin hy sy voormalige uitvoerende hoof Jacob Maroga beskuldig dat hy “versuim het om sy pligte uit te voer” en omdat hy “oneerlik” was, het Business Day Dinsdag berig. “Die raad het hom genoeg waarskuwing en tyd te gee om sy werk te doen. Hy het eenvoudig gefaal
Malema is nie verkose amptenaar nie, sê Zuma
President Jacob Zuma het Dinsdag gesê daar is niks om die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema te verbied om onverklaarde sakebelange te hê nie, want hy is nie ‘n verkose amptenaar nie. “Ek is nie seker dat Malema geen reg tot sakebelange het nie. Op grond van wat, weet ek nie,” het hy Dinsdag
Koos Malan oor ‘Slaggate in die grondwet’
Prof. Koos Malan praat eerskomende Vrydagaand oor die onderwerp: “Slaggate in ons grondwet: opvul of ompad” by die Filosofiekafee op Kerkplein in Pretoria. Vrydag: 26 Februarie 2010 vanaf 19:30 Plek: Café Riche, Kerkplein, Pretoria “Slaggate in ons grondwet: Opvul of Ompad?” – Prof. Koos Malan (Publiekreg – UP) Die Suid-Afrikaanse Grondwet is vir baie lank
Van Zyl bly aan as afrigter
Krieket SA het Vrydag aangekondig dat Corrie van Zyl tot April 2011 sal aanbly as waarnemende breier van die Proteas. Van Zyl is as waarnemende afrigter van die Proteas aangestel ná die skielike bedanking van Mickey Arthur verlede maand. Die raad van Krieket SA het ook na afloop van hul jaarvergadering gesê dat Graeme Smith
Malema en ons wanbegrip oor die politiek van plundery
Daar woed tans ‘n groot storm oor Julius Malema se miljoene, wat hy uit sy tenderpreneurskap “verdien” het. Al wat ‘n koerant is dra dit as voorbladnuus, en ek is seker dat daar in die komende weke groot gewag gemaak gaan word hiervan deur al wat ‘n redakteur en briefskrywer aan ‘n koerant is. Dié
Lees verder: Malema en ons wanbegrip oor die politiek van plundery
Malema vra polisieondersoek oor viktimisasie
Die uitgesproke leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het die polisie gevra om ‘n lys mense te ondersoek wat glo ondersteuners van pres. Jacob Zuma teiken, het hy Dinsdag aan die radiostasie SAFM gesê. Hy het gesê hy gee nie om as die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ‘n oudit van sy geldsake doen nie, maar slegs
Cosas dreig om 2010 te kaap
Die Congress of SA Students (Cosas) in Gauteng het gedreig om die komende Wêreldbeker-sokkertoernooi te ontwrig as die regering nie gratis opvoeding beskikbaar stel nie. “Ons eis dat die regering gratis opvoeding sal bied, anders sal daar geen Wêreldbeker-toernooi in hierdie land wees nie,” het Cosas se provinsiale sekretaris, Oagile Louw, Dinsdag gesê. Louw het
