Waterkanon, skokgranate, rubberkoeëls bring Bloemfontein tot bedaring

Vyf betogers is deur die polisie beseer toe daar Dinsdag in Bloemfontein teen honderde Samwu-lede opgetree is. Verskeie polisievoertuie asook dié van inwoners is beskadig. ‘n Waterkanon, skokgranate en rubberkoeëls is voor die Mangaung-munisipaliteit in die stad ingespan om die oproerige Samwu-werkers in geel 2010-hemde uiteen te jaag. Dié jongste diensleweringsopstand spruit voort uit beweerde

Lees verder: Waterkanon, skokgranate, rubberkoeëls bring Bloemfontein tot bedaring

185-Kommissie vaar ellendig

Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Taal, Godsdiens en Kultuurgemeenskappe het in die ad hoc verslag van die Komitee in die Hersiening van Hoofstuk 9 instellinge van die Grondwet (gedateer 31 Julie 2007), ‘n baie swak rapport gekry. Sedertdien is die verslag van die ad hoc Komitee nog nie ter

Lees verder: 185-Kommissie vaar ellendig

Genoeg is genoeg, Wesmoot gaan optree

“Die gemeenskap van Wesmoot Pretoria gaan nie meer waarsku oor misdaad nie maar met alle erns begin optree.”  So sê mnr Philip van Staden, VF Plus bestuurslid van Wesmoot, na die moord op ‘n inwoner van Booysens. Mnr Freitas is volgens inligting erg aangerand en sy lyk is gevind nadat sy bure onraad vermoed en

Lees verder: Genoeg is genoeg, Wesmoot gaan optree

Swart jeug moet militant wees sê minister van polisie

  Jong mense moet militant en lewenskragtig wees in plaas van gedweë volgelinge, sê polisieminister Nathi Mthethwa. Hy het Sondag studenteleiers van tersiêre instellings in die Nasionale Vereniging van Studenteontwikkeling se praktisynskonferensie in Durban toegespreek. Die konferensie is bedoel vir studenteleiers om idees te wissel oor die hantering van kwessies soos misdaad en MIV-vigs aan

Lees verder: Swart jeug moet militant wees sê minister van polisie

Roodt spreek skok oor Jackson-moord uit

In sy hoedanigheid as inligtingshoof van die Vryheidsfront Plus in Gauteng het dr. Dan Roodt sy skok en afgryse oor die moord op mnr. Lolly Jackson uitgespreek. Komende ná die noodlottige aanslag op mnr. Eugène Terre’Blanche, wil dit voorkom asof moorde op openbare figure in Suid-Afrika so algemeen geraak het dat die land ‘n rampokkerstaat

Lees verder: Roodt spreek skok oor Jackson-moord uit

VSA ontbloot glo ‘staatsgeheim’

Die Verenigde State het Maandag vir die eerste keer sedert 1962 bekend gemaak wat die grootte van sy kernarsenaal werklik is. Dié stap word deur amptenare beskryf as ‘n ongekende onthulling van ‘n “staatsgeheim” en ‘n poging om ander lande om aan te moedig om hul kernvermoëns bloot te lê. Die Pentagon het aangekondig dat

Lees verder: VSA ontbloot glo ‘staatsgeheim’

Mediavryheid en Suid-Afrika

Gister is mediavryheidsdag wêreldwyd gevier. Met 9 joernaliste vermoor en bykans 200 in aanhouding, is dit duidelik dat mediavryheid nie oral in die wêreld op ‘n aanvaarbare vlak is nie.  ‘n Verdere onheilspellende aspek is dat daar ook reeds meer as ‘n duisend internetskrywers agter tralies is. Oor presies waar die grens tussen persvryheid en

Lees verder: Mediavryheid en Suid-Afrika

Motief vir moord op Teazers-eienaar onbekend

Die motief agter die moord op die omstrede Teazers-eienaar Lolly Jackson is nog nie bekend, het die Gauteng polisie Dinsdagoggend gesê. “Ons weet nie wat die motief is op hierdie stadium …. en ja ons kan bevestig dat die slagoffer Lolly Jackson is,” het woordvoerder Kolonel Euguene Opperman gesê. Hy kon nie sê of enige

Lees verder: Motief vir moord op Teazers-eienaar onbekend

Minister gaan Aurora ondersoek

Die minister van Arbeid, mnr. Membathisi Mdladlana, het ‘n ondersoek geloods by die Aurora-mynmaatskappy omdat geen betalings vir werkloosheidversekering ontvang is nie. Dit volg nadat mnr. Pieter Groenewald, parlementslid en leier in Noordwes van die Vryheidsfront Plus, ‘n vraag in die parlement hieroor gevra het. In antwoord op die vraag het Mdladlana erken dat geen

Lees verder: Minister gaan Aurora ondersoek