Roodt spreek skok oor Jackson-moord uit

Lolly Jackson
Lolly JacksonIn sy hoedanigheid as inligtingshoof van die Vryheidsfront Plus in Gauteng het dr. Dan Roodt sy skok en afgryse oor die moord op mnr. Lolly Jackson uitgespreek. Komende ná die noodlottige aanslag op mnr. Eugène Terre’Blanche, wil dit voorkom asof moorde op openbare figure in Suid-Afrika so algemeen geraak het dat die land ‘n rampokkerstaat genoem kan word.

Die Vryheidsfront Plus betuig sy meegevoel met Jackson se gesin, asook sy vele vriende, kennisse en aanhangers wat vandag intens hartseer moet wees oor die wrede heengaan van ‘n kleurryke man.

Volgens dr. Dan Roodt, het hy Jackson onlangs vir die eerste keer by die voorvertoning van die film waarin hy homself speel, ontmoet. “Ongeag sy taamlik immorele sakebedrywighede en spoedoortredings, het Jackson my getref as ‘n intelligente, innemende man wat boonop ‘n patriotiese Suid-Afrikaner was. Hy het trots vertel dat hy in Angola vir die ou Suid-Afrikaanse Weermag geveg het. Lolly Jackson het ook, ongeag sy geboorte in die buiteland, vlot Afrikaans gepraat.”

As iemand wat in die Kongo gebore is en gesien het hoe dié eens welvarende Belgiese kolonie in anargie verval het, was Jackson bekommerd oor die stygende geweld en wanorde in Suid-Afrika. “Tydens ons gesprek by die filmateljee, het Jackson sy kommer teenoor my uitgespreek oor wat ná die Sokkerwêreldbeker kon gebeur. Hy het voorspel dat Suid-Afrika in ‘n spiraal van geweld en etniese konflik sou verval, min wetende dat hy self nog vóór die sokkerskouspel ‘n slagoffer van die anargie sou word,” het Roodt gesê.

Die Vryheidsfront Plus wil weereens ‘n beroep op die publiek doen om die bedreiging van misdaad en aanvalle op lede van minderheidsgroepe baie ernstig op te neem en by gemeenskapsveiligheidsorganisasies betrokke te raak.

“Ons eis insgelyks van die ANC-regering dat die wapenwet hersien moet word en dat wapenlisensies baie vinniger uitgereik moet word om wetsgehoorsame burgers in staat te stel om hulself te beskerm teen die waaragtige oorlog wat misdadigers en rassistiese moordbendes teen hulle voer,” het Roodt gesê.

лосины для девочки с описаниемлобановский александр интервью

Maak 'n opvolg-bydrae