Motief vir moord op Teazers-eienaar onbekend

Die motief agter die moord op die omstrede Teazers-eienaar Lolly Jackson is nog nie bekend, het die Gauteng polisie Dinsdagoggend gesê.

“Ons weet nie wat die motief is op hierdie stadium …. en ja ons kan bevestig dat die slagoffer Lolly Jackson is,” het woordvoerder Kolonel Euguene Opperman gesê. Hy kon nie sê of enige besittings geneem is nie.

“Dit is moeilik om te sê of daar iets geneem is uit die huis, en of hy [Jackson] alleen was dten tye … Ek kan dit net nie antwoord nie,” het Opperman gesê.

Die ontkleeklubbaas is in Kempton Park, oos van Johannesburg, Maandagaand in ‘n koeëlreën neergevel.

Ekurhuleni polisiewoordvoerder, Sersant Madumo Tsholofele het gesê Jackson het 15 skietwonde opgedoen en dat die misdaad plaasgevind het by sy vriend se huis.

Polisie was op die toneel in die vroeë oggendure van Dinsdag en teen 5:30, het Opperman gesê het geen arrestasies nog plaasgevind nie.

Die polisie is ingelig oor die misdaad nadat ‘n man wat beweer het dat hy die skut was, gebel het.

“Ons kan nie sê of hy [die moordenaar], uit die dieselfde huis gebel het nie, maar dit sal uitkom tydens die ondersoek.

“Polisie het die oproep ontvang en daarna na die perseel gegaan en gevind dat die huis gesluit was. Beamptes het die eienaar van die onderneming gelas om te kom en die perseel oop te sluit,” sê Opperman. 

Die liggaam is in ‘n plas bloed gevind.

Die moordenaar het van die toneel gevlug in die Jeep Cherokee van Jackson.

детские интернет магазиныАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae