Waterkanon, skokgranate, rubberkoeëls bring Bloemfontein tot bedaring

Vyf betogers is deur die polisie beseer toe daar Dinsdag in Bloemfontein teen honderde Samwu-lede opgetree is. Verskeie polisievoertuie asook dié van inwoners is beskadig.

‘n Waterkanon, skokgranate en rubberkoeëls is voor die Mangaung-munisipaliteit in die stad ingespan om die oproerige Samwu-werkers in geel 2010-hemde uiteen te jaag.

Dié jongste diensleweringsopstand spruit voort uit beweerde wanbestuur en bedrog deur die munisipale bestuurder.

Die vakbondlede eis die bedanking van stadsbestuurder Sandile Msibi, en die uitvoerende direkteur: korporatiewe dienste,  Amos Go-liath en het ’n griefskrif aan die uitvoerende burgemeester, Playfair Morule, oorhandig.

Die stakers, wat uiteindelik voor die Bram Fischer-gebou verwilder is, vra dat Msibi en Goliath onmiddellik geskors word. Msibi se lewe word glo ook bedreig.

Wanorde het het geheers toe die betogers brande begin stig het. Die polisie het gewaarsku dat die vure geblus moet word en daarna met ’n waterkanon inbeweeg.

Woedende lede het in reaksie op die waterkanon die polisie met bakstene gegooi en die polisie moes op hulle beurt met skokgranate en rubberkoeëls antwoord.

casino free betФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae