Parys-plaasaanval: Valke rand glo werkers aan

Dit blyk dat die Valke swart plaaswerkers glo aangerand het sodat hulle valse verklarings teen hul wit werkgewers maak. Die twee plaaswerkers het intussen ‘n klagte van aanranding teen lede van die Valke by ’n polisiekantoor in Klerksdorp aanhangig gemaak, en die dossiere is aan die Buffelshoek-polisiekantoor in Noordwes oorhandig. Die polisie se onafhanklike klagtedirektoraat

Lees verder: Parys-plaasaanval: Valke rand glo werkers aan

Liggaam van vermiste hengelaar gevind

Polisieduikers het vanoggend die liggaam van Louis Jacobus Lotter uit die Vaaldam gehaal, nadat hy Sondag daar vermis geraak het. Volgens Gautengse polisiewoordvoerder, Shado Mashobane, het die 43-jarige Lotter, van Meyerton, glo oor die kant van sy kano geval terwyl hy besig was om te hengel. Lotter se familie het gesien hoe hy van sy

Lees verder: Liggaam van vermiste hengelaar gevind

Bloemfontein-verkragter vasgetrek

Die polisie in Bloemfontein het mense bedank vir hul behulpsaamheid en die verskaffing van inligting wat daartoe gelei het dat ‘n gesoekte vermeende verkragter en rower aangekeer is. Die 32-jarige verdagte is Woensdagmiddag by Bochabela in die stad by ‘n vriend se huis deur lede van die Parkweg-polisiekantoor in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê

Lees verder: Bloemfontein-verkragter vasgetrek

Welkom-aanvallers nog op vrye voet

Die swart aanvallers wat ‘n vrou van Welkom verras het terwyl sy gebid het, is nog nie vasgetrek nie. Die 41-jarige vrou was voorverlede Vrydag in die vroeë oggendure in haar huis in Bedelia langs haar bed in ‘n knielende posisie toe sy bewus geword het van iemand wat naby haar is. Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng,

Lees verder: Welkom-aanvallers nog op vrye voet

Mantashe maan ANC om saam te staan na Gupta-skandaal

Die Sekretaris-Generaal van die ANC, Gwede Mantashe, het ‘n beroep op die drieparty-alliansie gedoen om saam te staan om die Gupta-skandaal die hoof te bied. Mantashe het Woensdag op ‘n provinsiale beraad van die alliansie in Kimberley gepraat. Hy het gesê dit is die plig van die drieparty-alliansie om hul kragte saam te snoer om

Lees verder: Mantashe maan ANC om saam te staan na Gupta-skandaal

Uitspraak oor appèl teen Walus-vrylating Donderdag verwag

Die uitspraak in die Minister van Justisie se aansoek om appél teen parool vir Janusz Walus sal waarskynlik Donderdag in die Pretoriase Hooggeregshof gelewer word. Walus dien lewenslange tronkstraf uit vir die moord op die voormalige SAKP-leier, Chris Hani, terwyl voormalige ANC-terroriste amnestie gekry het. Die minister, Michael Masutha het aangevoer dat die skeiding van

Lees verder: Uitspraak oor appèl teen Walus-vrylating Donderdag verwag

Afrika-paspoort vir vasteland teen 2018?

Die Windhoek-verdrag oor lugvaartveiligheid en fasilitering in Afrika is onlangs in die hoofstad deur belanghebbendes in lugvervoer in Afrika ná die ministeriële konferensie onderteken wat aan die begin van die maand afgeskop het. Een van die besluite is die moontlikheid van ’n algemene Afrika-paspoort vir die vasteland teen 2018. Die ministeriële konferensie is deur meer

Lees verder: Afrika-paspoort vir vasteland teen 2018?

Kerry vra nie om verskoning vir Hirosjima nie

John Kerry het die week die eerste Amerikaanse minister van buitelandse sake geword om sy respek by die Hirosjima-gedenkteken vir die slagoffers van die 1945 Amerikaanse kernaanval te betoon. Dit was egter ‘n balanseertoertjie van “respek” en “geen berou” nie. Hy het die museum bestempel as iets wat “’n mens se maag laat draai” en

Lees verder: Kerry vra nie om verskoning vir Hirosjima nie

Laaste 100 adjunkte moet Rousseff se lot bepaal

Die Brasiliaanse president, Dilma Rousseff, se lot berus op die lojaliteit van die laaste 100 adjunkte in die kongres, wat nog moes stem of sy in ’n staat van beskuldiging geplaas sal word. In ’n komplekse proses was ondersteuners en opponente van Brasilië se eerste vroulike president in ’n wedloop gewikkel om die getalle agter

Lees verder: Laaste 100 adjunkte moet Rousseff se lot bepaal

Springbokke kry bruin afrigter

Die bruin afrigter van die Stormers en die Westelike Provinsie, is aangewys as die Springbokke se nuwe baas. Allister Coetzee is in Randburg as die nasionale rugbyspan se breier aangewys, het Netwerk24 berig. Coetzee was die hulpafrigter onder die omstrede Jake White. Hy sal glo Suid-Afrikaanse rugby se versnelling van transformasie behartig. ‘n Bestuurspan met

Lees verder: Springbokke kry bruin afrigter