praag.co.za

Springbokke kry bruin afrigter

Written by

in

,

Die bruin afrigter van die Stormers en die Westelike Provinsie, is aangewys as die Springbokke se nuwe baas.

Allister Coetzee is in Randburg as die nasionale rugbyspan se breier aangewys, het Netwerk24 berig.

Coetzee was die hulpafrigter onder die omstrede Jake White.

Hy sal glo Suid-Afrikaanse rugby se versnelling van transformasie behartig.

‘n Bestuurspan met ondervinding sal die nuwe Springbokafrigter bystaan in die voorbereiding van die span oor die volgende vier jaar.

Comments

16 responses to “Springbokke kry bruin afrigter”

  1. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    Ja ek het daai “besturrspan met ondervinding” so gekyk en onmiddelik gedink aan “geweeg, geweeg, te lig gevind”. Kom ons neem nou maar die agterlyn afrigter onder die loep – Mzwandile Stick was n baie goeie sewes speler slegs 3 jaar terug en nou rig hy die ploerte van die Southern Kings se agterlyn af wat nie hond haaraf kan maak (weereens) in die Super Rugby reeks nie. So hoe is hy dan goed genoeg om die Springbok agterlyn afrigter te wees? En dit terwyl daar manne daar buite is wat baie beter rekords as afrigter het? O, ja ek’t vergeet. Hy is die regte skakering van nie-wit en is verbonde en hand om die blaas met die Watson brigade

    Kyk weereens die jaar geen Bok rugby nie.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Stem saam. Rugby – gaap. Doen eerder iets anders.

      1. G Avatar
        G

        A nee a kêrels. Wat gaan ons dommes doen vir ‘n verskoning om nie gras te sny nie?

  2. Johann Schutte Avatar
    Johann Schutte

    Ek is baie bly oor hierdie aanstellings. Dit gaan die Bokspan vinnig transformeer. Die lojale ondersteuners sal weet dat nasiebou baie belangriker is as wen. Al verloor ons vir so `n paar dekades, is dit `n klein prys om te betaal.

    1. Tobie Klarens Avatar
      Tobie Klarens

      In Afrika is transformasie sinoniem met vernietig en hierdie sal geen uitsondering wees nie

      1. Johann Schutte Avatar
        Johann Schutte

        Moenie so pessimisties wees nie. Kyk net hoe goed is die Kampala ballet orchestra.

  3. Riaan Slabbert Avatar
    Riaan Slabbert

    Dankie tog…die laaste ses-en-n-half jaar, is my seun se rugby, die ENIGSTE rugby wat ek kyk. Volgende jaar gaan hy hoërskool toe, en ek hoop van harte dat hy dan gaan ophou speel.

  4. Mens Avatar
    Mens

    hehehehe, ek like dit baie. verander net asb nou die naam van die span, vergeet van die springbok embleem en gooi die groen en goud in die asblik…asb ek smeek julle!!

    1. Johann Schutte Avatar
      Johann Schutte

      Hoe gouer, hoe beter. Ek droom van `n pikswart span, in die helder kleure van ons liquorice allsorts vlag.

  5. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Miskien kies ons manne hierdie keer vir VOLK en VADER en word swaargewig kenners van dit wat ewigheidswaarde het!!!Val Rugby god , val gou!!

  6. Riempies Avatar
    Riempies

    Die res van die wereld praat al klaar van die geweldige
    agteruitgang van die Springbokke hulle spot met n klomp dikbus voorspelers en
    geen agterlyn nie want agterlyn moet verstand ook he om op hulle voete te kan
    dink om n lyn te sny pale toe.Die spul het nou net 15 voorspelers wat krag het
    en geen vernuf nie en soos n klomp blouwilde beeste vorendtoe stoot pale toe daardie
    tyd het die anderspan se agterlyn al
    lankal n drie by hulle pale gedruk. Ek dink niemand stel meer regtig in rugby
    belang nie behalwe vir die humor. Wat het van die motor resiesbaan geword wat
    hulle in die omgewing van Loftus wou bou?

  7. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Lw. sy missie is nie om van die Springbokke ‘n wenspan te maak nie, maar om “transformasie” te versnel. Dit sal nogal interessant wees om te weet wie die “bestuurspan met ondervinding” gaan wees. Nog ‘n groepie “getransformeerdes” of dalk ‘n bondeltjie wit lakeie wat agter die skerms gaan probeer om Springbokrugby te red? Daar is net niks meer in die “nuwe” Suid- Afrika waaraan ‘n mens jou steun kan toesê nie.

  8. leonlemmer Avatar
    leonlemmer

    Anders as in die geval van sy voorganger verklaar Coetzee dat transformasie vir hom geen probleem is nie. Sy eie aanstelling kan immers as transformasie beskou word. Coetzee het dus geen beswaar teen die rugbyowerheid se sotlike standpunt dat dit in ‘n sport soos rugby nie gaan om die beste span te kies en te wen nie, maar om nasiebou en transformasie, dus politieke doelwitte, te bevorder.
    Die All Blacks sit die doelbewus verswakte Springbokke telkens ore aan. Die All Blacks se afrigter, Steve Hansen, het al by meer as een geleentheid uitgewys dat transformasie die kernrede vir die wanprestasie van die Springbokke is. Wat my die donder in maak, is dat Suid-Afrikaanse joernaliste die publiek doelbewus in die duister hou oor wat daardie trasformasiebeleid bepaal. Dit verg uitlatings deur Hansen voordat soos volg berig word: “Vanjaar moet die Bok-span 34% (8 uit 23) gekleurde spelers insluit, 40% (9 uit 23) in 2017, 45% (10 uit 23) in 2018 en uiteindelik 50% (12 of 13 uit 23) in 2019” (Die Burger, 14 deser, p 20). Dit gaan afgedwing word selfs al verloor die Springbokke iedere wedstryd. Springbokrugby is nie meer sport nie, dit is politiek. En politiek is nie meer politiek nie, want dit het ‘n sport geword.

    1. leonlemmer Avatar
      leonlemmer

      Hierby kom nog kwotas vir hoeveel nie-meriete spelers op die veld (en nie op die bank nie) moet wees en hoeveel van hulle swart swartes (en nie bruin swartes nie) moet wees.

  9. Riempies Avatar
    Riempies

    Die antwoord is stop rugby by skole op bulletjie en leeutjie
    rugbyvlak. Daar is baie sportsoorte en
    ons kan pressteer op alle gebiede van sport. Maak die rugby dadelik pikswart en
    vergeet van rugby met die 15 voorspelers wat van die afskop af gaan vorentoe
    beur met brutekrag om n drie te druk – rugby se spel sal moet verander om die
    swartes te akkommodeer – EN VERGEET VAN RUGBY.

    1. Ou Transvaal Avatar
      Ou Transvaal

      Kon dit nie beter stel nie ;ek stem saam .

Leave a Reply