Geagte Gustav,
Ek aanvaar jou verduideliking en verskoning, dankie, dit is belangrik dat ons as ware Afrikaners nie langer mekaar as vyande teiken nie; daar is genoeg werklike vyande.
Ons sal altyd met mekaar oor politieke sake verskil, maar die HNP is altyd oop vir politieke debat. Daarom dat die HNP ook met dr Dan Roodt en ander Afrikaners in Die Afrikaner of persoonlik in debat tree. Die feit is dat ons pyle op die vyand, die ANC en sy meelopers, gerig moet bly.

Die stof wil nog nie gaan lê oor mev. Helen Zille se verkiesing as leier van die DA nie. Pleks van ’n intellektuele of politieke debat oor Zille se toekomstige beleidsrigtings, gaan dit egter oor ’n taamlik onsmaaklike sms wat mnr. Pat Hill na bewering rondgestuur het en waarin daar verwys word na Zille as “die laaste spyker in die Afrikanerdoodskis”.