Een van die land se mees gesoekte misdadigers is in besit van meer as 300 gewere , ammunisie en plofstof by sy huis in Norwood, noord van Johannesburg in hegtenis geneem Donderdag, het die nasionale kommissaris van polisie Riah Phiyega gesê. Die verdagtes is vasgetrek na die polisie op ‘n groot wapenopslagplek afgekom het. Hulle
Bloedlose staatsgreep in Thailand uitgevoer
Sonder om ‘n skoot te skiet het die weermag in Thailand sy tweede staatsgreep in agt jaar uitgevoer, en die opskorting van die land se grondwet en die Kabinet Donderdag aangekondig. Die weermag het op 20 Mei krygswet afgekondig. Ontleders sê die naderende einde van ‘n era, die 64-jarige heerskappy van koning Bhumibol het bygedra
Swart jeugdiges val buitelanders aan in Limpopo
Die polisie in Limpopo het vyf-en-twintig mense, onder wie verskeie tieners, is in hegtenis geneem na ‘n plundertog teen buitelanders. In Gilead, buite Ellisras (Lephalale) in Limpopo is die winkels van buitelanders aangeval en besteel. Die polisiewoordvoerder, Hangwani Mulaudzi, sê die skare het die winkels aangeval nadat hulle die buitelanders van misdaad beskuldig het. Mulaudzi
Lees verder: Swart jeugdiges val buitelanders aan in Limpopo
‘Militêre opstand teen die SAPD’
Die weermagvakbond, Sandu, het bewerings oor ‘n dronk generaal se magsmisbruik veroordeel. Die voorval dui op ‘n magstryd wat tussen die polisie en die weermag heers en wat tot verdere onverkwiklikhede kan lei sê ontleders. Nòg die polisie, nòg die weermag wou egter uitbrei oor die voorval wat sommige polisielede as ‘n “militêre opstand teen
Wêreldbank loof SA se kinderstaatstoelaes
Die Wêreldbank het Suid-Afrika geloof vir sy kinderstaatstoelaes wat glo die maatskaplike band tussen mense en die staat ondersteun. Die toelaes word allerweë beskou as ‘n geboorteversneller wat jong swart meisies tot vroeë moederskap oorreed. Dit is ook al gekritiseer vir die aantal premature geboortes weens die tienerswangerskappe wat deur toelaes aangemoedig word. ‘n Nuwe
Lonmin veroordeel voedselhulp aan stakers
Die platinumprodusent Lonmin het die eensydige voedselhulp aan die gesinne van stakende Amcu-mynwerkers bevraagteken. Die bestuurshoof van Lonmin, Ben Magara sê die skenkings bevoordeel net die stakende vakbond se lede. Hy het gesuggereer dat die hulporganisasies nie gelykheid onder werkers erken nie. Die voedselhulp sal daartoe bydra dat die staking nog langer uitgerek kan word.
Motsepe ontken dat hy studiefooie beloof het
Verwarring heers onder honderde studente aan tersiêre inrigtings in Bloemfontein nadat ondernemings van die Motsepe-stigting om hulle studiegeld te betaal, nie gerealiseer het nie. Die swart miljardêr Patrice Motsepe het voor die verkiesing by die Mangaung Indoor Sports Centre aangekondig dat sy Stigting geld vir studie sal bewillig in die Vrystaat. In ‘n kort uiteensetting
KZN spring duur e-tol vry
KwaZulu-Natal het ‘n duur e-tolstelsel vrygespring. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap sal teen November e-toltegnologie by twee tolplazas in die provinsie aanbring om verkeersvloei te verbeter. Anders as in Gauteng is dit egter nie ‘n bykomende tol wees nie, maar bloot ‘n alternatiewe manier van insameling van bestaande tol, het Sanral se Logashri Sewnarain gesê. Sewnarain,
VSA ontplooi troepe ‘om skoolmeisies te soek’
Die VSA het sy troepe in Tsjad ontplooi om glo na die skoolmeisies wat in Nigerië ontvoer is, te help soek. Die Verenigde State van Amerika sal 80 militêre personeellede en ‘n Predator-tuig na Tsjad stuur as deel van ‘n poging om ‘n vastrapplek in die streek te kry. Die onbemande verkenningstuig sal aansluit by soortgelyke
Zim-permitte vir SA sal verval
Permitte wat ingevolge ‘n spesiale bedeling aan Zimbabwiërs uitgereik is, sal in Desember verval, het RSG berig. Die Departement van Binnelandse Sake sê die kabinet het die besluit goedgekeur en daar sal van permithouers verwag word om weer om dokumente aansoek te doen. Binnelandse Sake sê die bedoeling is nie om die voordele van die
