Die ANC se hoofsweep in die Nasionale Vergadering, Stone Sizani het bevestig dat hy skielik bedank het uit die Parlement om sy nuwe pos as ambassadeur na Duitsland op te neem. Sizani beweer daar is niks onwelriekend aan sy skielike bedanking nie. Hy sê hy is verlede Donderdag skielik in kennis gestel van sy herontplooiing.
Stropers se gif lei tot bewaringstragedie
Stropers gebruik deesdae gif teen wild in Suid-Afrika se Nasionale Parke. Die Kruger Nasionale Park (KNP) het Saterdag op ‘n olifantkarkas, 110 dooie witrugaasvoëls, twee leeumannetjies en twee jakkalse afgekom wat weens wildvergiftiging gevrek het. Daar is nog net 1 000 aasvoël-broeipare in die Nasionale Kruger Wildtuin oor. Die meer as 100 aasvoëls wat nou
Super Trump Dinsdag
Die grootste dag van die voorverkiesingsveldtog, Super-Dinsdag, is wanneer die meeste Amerikaanse kiesers stem om hul partykandidaat aan te wys. Republikeine kon die helfte van hul afgevaardigdes kies, en Demokrate ‘n derde. Donald J. Trump se wenveldtog het sy gewildheid oor ‘n breë spektrum beklemtoon. Trump en Hillary Clinton het as die onderskeie voorlopers in
Stropers teiken Etosja
Stropers het die Etosja Nasionale Park in Namibië geteiken met 29 karkasse wat reeds in 2016 gevind is. Verlede jaar het Namibië 80 renosters aan wilddiewe afgestaan. Oor die afgelope 20 jaar is die Afrika-leeus, olifante, kameelperde en renosters se getalle gehalveer. Altesaam is 34 renosterkarkasse in die eerste twee maande van 2016 gevind waarvan
Einde van Aardklop ‘n kopseer vir swartmag-aanhangers
Die beëindiging van die Aardklop Nasionale Kunstefees is ‘n kopseer vir kunstenaars wat dié anti-Afrikaanse platform benut het. Die sangeres Amanda Strydom sê dat die nuus van Aardklop se beëindiging in sy huidige formaat as ’n groot skok vir die kunstenaarsgemeenskap kom. Die akteur Paul du Toit van Binnelanders-faam, wat ook verlede jaar in die
Lees verder: Einde van Aardklop ‘n kopseer vir swartmag-aanhangers
Pukke ontken skorsings op grond van ras
Die tydelike skorsing van ses swart studente, hangende ’n dissiplinêre ondersoek ná Vrydag se betoging deur stakende werkers op die NWU se Potch-kampus, hou nie verband met hul velkleur nie. Waarnemende rektor, Fika Jansen van Rensburg het aan OFM gesê dit is gedoen op grond van ’n berekende oortreding van prosedure-maatreëls en beleid. Dit volg
Rassepolarisasie op UV-kampus
Die groot ontplooiing van polisielede asook private sekuriteitswagte op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat, volg nadat chaos verlede week daar uitgebreek het. ‘n Polisiehelikopter het Dinsdag die situasie gemonitor. Swart studente het ‘n rasseoorlog teen wittes verklaar deur wittes uit koshuise te verwilder en Afrikaanse kultuursimbole aan te val en te beskadig.
HOP-huise ‘n inspuiting vir korrupsie
Kali Tsotetsi, ‘n inwoner Sasolburg in die Vrystaat sê hy is mislei met die koop van ‘n HOP-huis twee jaar gelede in Zamdela. Hy het ooreengekom om R15 000 te betaal, maar nadat hy die deposito van R2000 aan die eienaar oorbetaal het vir die huis, is hy meegedeel dat dit nie beskikbaar is nie.
Treine, N2 deur oproeriges ontwrig
Metrorail gaan vanoggend voort met ‘n afgeskaalde treindiens aan die Oosrand nadat treindienste in Springs, Nigel en Daveyton vroeër opgeskort is weens intimidasie en vandalisme. Dit volg te midde van toenemende voorvalle waar pendelaars treindrywers en wagte intimideer. Treinwaens is in sommige gevalle ook aan die brand gesteek, het RSG berig. Dinsdag is treindienste tussen
NERSA keur verhoging van byna 13% vir Eskom goed
Nersa, die nasionale elektrisiteitsreguleerder, het volgens ‘n verklaring van Eskom ‘n “gemiddelde prysverhoging van 12,69% vir 2015/16 toegestaan, wat opgemaak is uit die 8% jaarlikse verhoging in die oorspronklike MYPD 3-besluit en ‘n bykomende 4,69% soos toegelaat deur die inkomsteverwerkingsrekeningsmeganisme wat deel uitmaak van Nersa se reguleringsmetodiek”. Hierdie mondvol beteken dat Eskom ‘n verdere R11,8
Lees verder: NERSA keur verhoging van byna 13% vir Eskom goed
