Held sterf nadat hy rower skiet

Durban – ’n Man is dood en drie ander ernstig gewond tydens ’n skietery wat tussen omstanders en gewapende mans uitgebreek het tydens ‘n gepoogde rooftog op ‘n hengelwinkel. Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die skietery het gister in Sidarweg losgebreek. Twee mans het Bills Fish Tackle-winkel binnegegaan en die werknemers met

Lees verder: Held sterf nadat hy rower skiet

Meer haatmisdade in die VSA gerapporteer

Verslae van haatmisdade teen homoseksueles en godsdiensgroepe het skerp gestyg in 2008, volgens data van die FBI wat gister vrygestel is. Oor die geheel het gerapporteerde haatmisdade met omtrent twee persent toegeneem. Dieslefde syfers toon ‘n amper 11 persent styging in haatmisdade gebaseer op seksuele oriëntasie en ‘n bykanse nege persent gebaseer op godsdiens. Die

Lees verder: Meer haatmisdade in die VSA gerapporteer

Duitsers herstel hoogspringrekord van 1936

Duitsland se atletiekvereniging het ‘n hoogspringrekord van 1936 in ere herstel aan Gretel Bergmann wat daarvan gestroop was en van daardie jaar se Berlynse Olimpiese Spele deur die Nazi’s verban is omdat sy ‘n Jodin was. Die vereniging sê in ‘n verklaring dat die gebaar om Bergmann se sprong van 1,60 meter in die rekordboeke

Lees verder: Duitsers herstel hoogspringrekord van 1936

Twee Franse in Afrika ontvoer

Twee Franse hulpwerkers is in ‘n plofbare gebied van die Sentraal Afrika Republiek naby die grens met Tsjaad en Soedan ontvoer, het ‘n hulpgroep gister gesê. Die twee personeellede is van die Triangle-hulpgroep van Lyon, Frankryk en is laat Sondag in Birao in die land se noordooste ontvoer, sê Christian Lombard, die groep se mededirekteur.

Lees verder: Twee Franse in Afrika ontvoer

Hamas wil gevangenes vir Israelisoldaat ruil

Hamas-leiers het hulleself gister na Egipte gehaas te midde van tekens van vooruitgang in ‘n ooreenkoms om honderde Palestynse gevangenes vir ‘n Israeli-soldaat wat vir meer as drie jaar deur die militante Islamitiese groep gevange gehou is, te ruil. Die uitruiling kan Hamas ‘n hupstootjie ten koste van hulle sleutelopponent, die Westersondersteunde president Mahmoed Abbas

Lees verder: Hamas wil gevangenes vir Israelisoldaat ruil

Medisynemaatskappy met miljoene beboet oor kanker

‘n Jurie het in Philadelphia in die VSA die Wyeth Farmaseutiese Maatskappy beveel om ongeveer R500-miljoen in strafvergoeding te betaal nadat ‘n skakel tussen borskanker en ‘n hormoonvervangingsmiddel gevind is. Dit is volgens die prokureur vir die aansoeker, Connie Barton. Verlede maand het die jurie omtrent R13-miljoen se skadevergoeding in die saak toegestaan en bevind

Lees verder: Medisynemaatskappy met miljoene beboet oor kanker

Dlamini-Zuma bespreek nuwe migrasiebeleid met Cosatu

Minister van binnelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, gaan Cosatu Dinsdag ontmoet om die ontwikkeling van ‘n nuwe migrasiebeleid te bespreek, het ‘n departementele woordvoerder Maandag aangekondig. Die ontmoeting met Cosatu se sentrale uitvoerende komitee kom nadat die kabinet goedkeuring verleen het aan die minister om ‘n nuwe beleid te formuleer, sê woordvoerder Ronnie Mamoepa. “Die behoefte

Lees verder: Dlamini-Zuma bespreek nuwe migrasiebeleid met Cosatu

Etniese geweld vlam in DRK op

Sektariese geweld het ten minste 100 lewens geëis en 53 000 mense verdryf sedert die einde van Oktober in die Demokratiese Republiek van die Kongo se noordoostelike Orientaleprovinsie, het die VN Maandag gesê. Verlede Vrydag is twee dorpe aangeval en in die een, Burburu, het 8 000 mense gevlug voor die aanval, volgens die VN

Lees verder: Etniese geweld vlam in DRK op

Lekota verdedig Mbeki

Cope se president Mosiuoa Lekota het oproepe om voormalige president Thabo Mbeki en diegene wat onder hom gedien het, vir volksmoord aan te kla, as onverantwoordelik bestempel en ‘n gevaarlike verdraaiing van die geskiedenis van die land, het die SAUK Maandag berig. Lekota het gereageer op oproepe van die Jong Kommuniste-liga dat Mbeki aangekla word

Lees verder: Lekota verdedig Mbeki