Katolieke in Afrika eis transformasie

Die Rooms Katolieke Kerk gaan nie transformasiedruk vryspring nie, veral omdat die kerk se lidmate in Afrika groei.

Leiers van die kerk meen uitdagings van gelowiges in Afrika word nie behoorlik aangespreek nie.

Die byeenkoms van kerkleiers en akademici by die St Augustine-kollege van Suid-Afrika in Johannesburg volg nadat Pous Franciskus twee weke met die 200 Katolieke biskoppe in die Vatikaanstad vergader het.

Dokter Jakub Urbaniak van die teologie-afdeling by die kollege sê Afrika het die vinnigste groeiende aantal lidmate van die kerk, maar min aandag word ongelukkig volgens hom aan Afrika se probleme gewy.

Urbaniak sê vir Afrika is kwessies soos hoe MIV/Vigs gesinne raak, enkelouers en families wat deur kinders versorg word, belangriker as dié wat wel bespreek is.

‘n Professor van die departement van kerkgeskiedenis by die Universiteit van Pretoria, Graham Ducan sê die kerk het nie met planne vorendag gekom om die kerk te transformeer nie.

Zuma: SA verdeel in vyandige kampe

Pres. Zuma
Pres. Zuma

President Jacob Zuma is van mening dat die Suid-Afrikaanse gemeenskap verdeel is in vyandige kampe.

Zuma het Sondag gesê: “Die samelewing as ‘n geheel is meer en meer verdeel in twee groot vyandige kampe in twee groot klasse direk teenoor mekaar, bourgeoisie en proletariaat …,” het hy gesê met verwysing na die Kommunistiese Party se manifes.

Hy het gepraat by die Jong Kommunistiese Liga se (YCL) se nasionale raad in Kimberley in die Noord-Kaap.

“Jy moet die aard en karakter van die samelewing waarin ons leef verstaan. ​​Jy moet weet dat nie alles is soos dit lyk nie,” het Zuma gesê. Die president is ook die president van die African National Congress.

Hy het aan afgevaardigdes gesê die regering is besig om te vorder om uitdagings in onderwys, gesondheid en armoede aan te spreek.

“In reaksie op die sug na onderwys, het ons twee splinternuwe universiteite, die Sol Plaatje Universiteit hier in Kimberley en die Universiteit van Mpumalanga in Nelspruit opgerig.“

Zuma het die nuwe fasiliteite op 25 Junie aangekondig, toe hy gesê het die regering wil hê dat elke provinsie in die land ‘n instelling van hoër onderwys kry.

“Ons is ook besig met verdere ondersoek in beroepsopleiding deur die vestiging van 12 nuwe Onderwys-en Opleidingskolleges regoor die land in gebiede waar gebrekkige diens is.“

Hy het gesê een van die regering se suksesverhale was die 50 persent vermindering in moeder-na-kind-oordrag van MIV tussen 2008 en 2011, wat die lewensverwagting van Suid-Afrikaners laat toeneem het. – Sapa

Verbod op ‘kinderporno-fliek’ opgehef

Kinderporno?
Kinderporno?

‘n Verbod is Saterdag opgehef op ‘n film wat as “kinderpornografie“ beskryf is oor ‘n sekstoneel tussen ‘n swart onderwyser en ‘n swart minderjarige leerling.

Die plaaslike film “Of good report“ is toegelaat nadat ‘n klag deur die organiseerders van die Durbanse International Film Festival gelê is, waar dit bedoel was om verlede week te draai.

Die film is Sondag vertoon, die laaste dag van die fees.

Die fliek handel oor ‘n skool waar ‘n onderwyser aangetrokke tot jong meisie van 16 is, gespeel deur ‘n 23-jarige aktrise.

Die land se sensuurowerheid het gesê hulle is “baie teleurgesteld en hartseer” deur die ter syde stelling van die Appèltribunaal se besluit om die film te verbied,

“Die rolprent val binne die definisie van kinderpornografie,” het die Film-en Publikasieraad gesê, en volgehou dat hulle besluit steeds “die korrekte een bly en was”.

Die raad het geweier om die fliek te klassifiseer.

Dit is nou toeganklik vir fliekgangers tussen die ouderdomme van 16 en ouer met waarskuwings van seks, naaktheid, geweld en sterk taal.

Die skep, vervaardiging, besit en verspreiding van kinderpornografie is egter ‘n kriminele oortreding.

Die Freedom of Expression Institute het die besluit om die film te verbied as‘n te “streng en simplistiese interpretasie van die wet” beskryf.

Seks tussen ouer mans en jong meisies is ‘n groot oorsaak van MIV in Suid-Afrika, wat die wêreld se grootste bevolking wat met vigs leef – meer as vyf miljoen – verteenwoordig.

Suid-Afrikaners kan op 16 wettig instem tot seks, maar die land se publikasiewette laat die uitbeelding van seks slegs vanaf 18 jaar en ouer toe.

Lekota verdedig Mbeki

Cope se president Mosiuoa Lekota het oproepe om voormalige president Thabo Mbeki en diegene wat onder hom gedien het, vir volksmoord aan te kla, as onverantwoordelik bestempel en ‘n gevaarlike verdraaiing van die geskiedenis van die land, het die SAUK Maandag berig.

Lekota het gereageer op oproepe van die Jong Kommuniste-liga dat Mbeki aangekla word omdat hy na bewering die MIV-Vigs-kwessie tydens sy ampstermyn wanbestuur het.

Hy het gesê vir die misdaad van volksmoord moes daar ‘n opsetlike beleid gewees het of ‘n besluit om mense dood te maak. Hy het gesê daar was geen so ‘n besluit deur die ANC of die kabinet nie.

Lekota se verklaring kom slegs ‘n week nadat jeugleier Julius Malema gesê het dat die ANC-jeugliga nie sal toelaat dat Mbeki vir volksmoord aangekla word nie.

“Ons moet nooit ons leiers afstaan nie,” het Malema by ‘n glansgeleentheid van die Pan-Afrika Jeugunie by Emperor’s Palace in Boksburg verlede Maandag gesê.

“Thabo Mbeki het dalk foute gemaak, maar ons kan hom nooit aankla nie.”

“Ons kan nie een van ons eie aankla nie. As ons dit toelaat, gaan dieselfde ding met [Zimbabwiese President Robert] Mugabe, en dieselfde ding met [President Jacob] Zuma gebeur, en die volgende wat jy weet, kom hulle vir jou,” het Malema gesê.

 

купить футболку хаки детскуюдепутат лобановский

Tutu kry seksvoorligting

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het ‘n les gekry in seksvoorligting by die eerste verjaarsdag van die Tutu Tester, ‘n mobiele MIV- en TB-kliniek.

Die Tester, wat ook berading voorsien, is ‘n projek van die MIV-stigting waaraan Tutu se naam gekoppel is.

Alhoewel die kliniek reeds ‘n jaar gelede op die pad gesit is en reeds 10 000 mense getoets het, het Tutu dit nog nie te vore te siene gekry nie.

Daarom het hy Donderdag besoek afgelê aan die kliniek en ‘n stuk sjokoladekoek geniet. Hy is ook vir MIV getoets en hy het ‘n les in seksvoorligting by ‘n verpleegster gekry waartydens hy ‘n kondoom oor ‘n houtpenis moes afrol.

“Ek moes vreemde goed doen, baie vreemde goed. Ek moes selfs leer hoe om ‘n kondoom aan te sit,” het Tutu na afloop van die verrigtinge gesê.

“Maar dit kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Dit is eintlik baie ernstig,” het hy bygevoeg.

“Ons het so ‘n mooi land. Kom ons kyk na onsself. Weet wat jou status is, gebruik ‘n kondoom en wees asseblief getrou aan jou maat.”

Die Tutu Tester het glo reeds heelwat sukses bereik en vele persone is bereid om hulle te laat toets.

 

пупсы купитьалександр лобановский харьков класс