
President Jacob Zuma is van mening dat die Suid-Afrikaanse gemeenskap verdeel is in vyandige kampe.
Zuma het Sondag gesê: “Die samelewing as ‘n geheel is meer en meer verdeel in twee groot vyandige kampe in twee groot klasse direk teenoor mekaar, bourgeoisie en proletariaat …,” het hy gesê met verwysing na die Kommunistiese Party se manifes.
Hy het gepraat by die Jong Kommunistiese Liga se (YCL) se nasionale raad in Kimberley in die Noord-Kaap.
“Jy moet die aard en karakter van die samelewing waarin ons leef verstaan. Jy moet weet dat nie alles is soos dit lyk nie,” het Zuma gesê. Die president is ook die president van die African National Congress.
Hy het aan afgevaardigdes gesê die regering is besig om te vorder om uitdagings in onderwys, gesondheid en armoede aan te spreek.
“In reaksie op die sug na onderwys, het ons twee splinternuwe universiteite, die Sol Plaatje Universiteit hier in Kimberley en die Universiteit van Mpumalanga in Nelspruit opgerig.“
Zuma het die nuwe fasiliteite op 25 Junie aangekondig, toe hy gesê het die regering wil hê dat elke provinsie in die land ‘n instelling van hoër onderwys kry.
“Ons is ook besig met verdere ondersoek in beroepsopleiding deur die vestiging van 12 nuwe Onderwys-en Opleidingskolleges regoor die land in gebiede waar gebrekkige diens is.“
Hy het gesê een van die regering se suksesverhale was die 50 persent vermindering in moeder-na-kind-oordrag van MIV tussen 2008 en 2011, wat die lewensverwagting van Suid-Afrikaners laat toeneem het. – Sapa

hehehe
“…Jy moet weet dat nie alles is soos dit lyk nie,” het Zuma gesê…”
My jitte ou biesblaas!
Nou wat op aarde het daai twee torre van jou weer aan die vlieg gekry?
Wat jou gehelp het om sulke grond verskuiwende “wyshede” kwyt te raak?
Jou en jou pelle se wapen aankoop trieks, jou Indiër pelle en hulle trieks, jou ander Indiër pelle die Gupta’s en hulle trieks, Nkantla-en-klaar se trieks, en allie annir goete wat jy en jou pelle aanvang is vir die res van die planeet se inwoners ou nuus.
Jy hoeffie te wharrie nie, o bruidegom van vele huwelike.
Jy, die ene wat so lekker kan bokspring op allie troues, met jou spiksplinternuwe Mr Price tekkies…
Die res van die planeet is deeglik bewus daarvan dat alles nie is soos wat jy dit wil laat lykkie.
🙂
Wonder hoekom die bevolking meer en meer verdeel. Hy is ‘n swart boepens (wat nie hier geplaas mag word of gesê mag word of erken mag word nie) en sal altyd een bly….
Ek hoor FW het die hoed geskenk, een van sy ou Broederbond hoedens wat hy nie meer dra nie vandat hy oor Boedhha mediteer en die Kwien het die lint gegee. Pragtig!
Verdeeld? Beslis! In die een kamp,die wat werk en die belasting dra. In die ander,onefektiewe kaders wat steel en bedrieg! Soos jy jacob!
As anti “aparthaid” koerante nou al sulke artikels plaas sien ek swarigheid vir die ANC met hulle Zuma president en regering. hehe
http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/view/politicsweb/en/page72308?oid=394793&sn=Marketingweb+detail&pid=90389