Medisynemaatskappy met miljoene beboet oor kanker

‘n Jurie het in Philadelphia in die VSA die Wyeth Farmaseutiese Maatskappy beveel om ongeveer R500-miljoen in strafvergoeding te betaal nadat ‘n skakel tussen borskanker en ‘n hormoonvervangingsmiddel gevind is.

Dit is volgens die prokureur vir die aansoeker, Connie Barton.

Verlede maand het die jurie omtrent R13-miljoen se skadevergoeding in die saak toegestaan en bevind dat Wyeth doelbewus bewyse van ‘n kankerskakel verdoesel het.

Die strafvergoeding vir Barton van Peoria, Illinois, is geseël gehou tot Maandag omdat ‘n ander Prempro-saak in dieselfde hofgebou aan die gang was.

‘n Segsman vir Pfizer Ing. wat onlangs Wyeth bekom het, sê die maatskappy sal die Barton-uitspraak betwis asook nog ‘n uitspraak wat Maandag aangekondig is.

Barton se saak is een van ‘n handvol Prempro-sake wat gereed staan om verhoor te word uit duisende wat regoor Amerika aanhangig gemaak is.

 

подъемникидляшиномонтажаданильченко юрій броніславович