Die uitslag van ’n opname wat Maandag bekendgestel is, het aangedui dat al hoe meer leerlinge deesdae privaatskole bywoon. Die aantal leerlinge wat privaatskole verkies, het van 256 283 in 2000 tot 366 201 in 2008 toegeneem. Dit verteenwoordig ‘n groei van 4.2% in vergelyking met die toename van 1.9% wat openbare skole getoon het,
BNP wil nie-blanke lid maak
{jathumbnail off} Rajinder Singh, ‘n ouerige Sikh, wat Islam vir die dood van sy vader met die skeiding van Indië in 1947 blameer, gaan die BNP, British National Party, se eerste nie-blanke lid word. Twee miljoen mense is gedood tydens die skeiding. Alhoewel Singh reeds ‘n dekade of meer simpatiek teenoor die BNP staan, word
Microsoft, News Corp wil Google die stryd aansê
Microsoft het samesprekings met News Corp gehad oor ‘n plan wat behels dat die mediamaatskappy betaal sal word om sy nuuswebwerwe op Google te “de-indekseer,” wat die tafel sal dek vir ‘n soekenjingeveg wat ‘n ligstraaltjie vir die koerantbedryf kan bied. Die impetus vir die samesprekings het van News Corp, die eienaar van koerante wat
Lees verder: Microsoft, News Corp wil Google die stryd aansê
Krieket bekyk swak bywoning
Krieket Suid-Afrika, KSA, het IFM Sports Marketing Surveys South Africa aangestel om na die moontlike oorsake vir die swak bywoning van die Proteas se openingswedstryde teen Engeland te kyk. 16 600 toeskouers het die Wanderersstadion vir die eerste Twintig20-wedstryd volgesit, terwyl 7 934 toeskouers op SuperSport Park in Centurion kaartjies gekoop het. Die uitvoerende hoof
Witskrif oor onteiening is nag
Die gehate onteieningswet kan dalk nie in sy geheel vervang word nie. Dié wet is verlede jaar weens erge teenkanting kort voor die verkiesing onttrek. Volgens voorstelle wat in ’n Witskrif oor grondbeleid vir die ANC se omvattende Landelike ontwikkelingsprogram (CRDP) vervat is, is dieselfde onteieningsiening egter weer op die agenda. Die ANC stel voor
Tortellinislaai
{jathumbnail off} ‘n Ongewone, maar heerlike manier om tortellinipasta te geniet, ‘n ware lenteresep. Kook 400g varsgemaakte tortellini met spinasie of pesto gevul, 20 aspersiepunte en ‘n koppie ertjies saam. Die vars pasta neem ongeveer 3 minute om gaar te kook. Voeg die aspersiepunte en ertjies vir die laaste minuut by. Dreineer en vervars onder
Vreemdelinghaat vlam weer op
Die jongste gebeure by De Doorns in die Wes-Kaap, waar geweld teen vreemdelinge uitgebreek het, is simptomaties van ‘n sweer vlak onder die oppervlak. Met Suid-Afrika se werkloosheidskoers, gevoed deur hemelhoë verwagtinge danksy verkiesingsbeloftes, verwag die breë gemeenskap vooruitgang en beter salarisse. Nie om te sien hoe buitelanders bereid is om vir die minimum lone
Wit boere gaan negatief geraak word deur Zim/SA-ooreenkoms
AfriForum gaan dié week ‘n groep Suid-Afrikaanse boere met grond in Zimbabwe bystaan om ‘n diskriminerende beleggingsooreenkoms tussen die Suid-Afrikaanse en Zimbabwese regerings wat Vrydag in Harare geteken gaan word, te keer. Die beleggingsooreenkoms, kortweg bekend as BIPPA, beoog om huidige en toekomstige beleggings van Suid-Afrikaners in Zimbabwe te beskerm, maar sluit uitdruklik die beleggings
Lees verder: Wit boere gaan negatief geraak word deur Zim/SA-ooreenkoms
Mulder as VF+ partyleier herkies
Dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, is die naweek eenparig as leier van die VF Plus herkies. Alle leiersposisies in die VF Plus word op ’n tweejaarlikse basis deur die party se Federale Raad oor gekies. Die Federale Raad is die VF Plus se hoogste gesagsliggaam en bestaan uit afgevaardigdes uit al
Ahmadinejad in Gambië
Die Iranse president, Mahmoed Ahmadinejad, het gister in Gambië aangekom vir ‘n werksbesoek van 24 uur wat daarop gemik is om verhoudinge tussen die Islamitiese republiek en die Wes-Afrika-land uit te bou. Ahmadinejad sou samesprekings met sy Gambiese eweknie, Yahya Jammeh, oor ekonomiese en sekuriteitsaangeleenthede gevoer het. Die Iranse leier – wat Gambië laas besoek