praag.co.za

Wit boere gaan negatief geraak word deur Zim/SA-ooreenkoms

Written by

in

AfriForum gaan dié week ‘n groep Suid-Afrikaanse boere met grond in Zimbabwe bystaan om ‘n diskriminerende beleggingsooreenkoms tussen die Suid-Afrikaanse en Zimbabwese regerings wat Vrydag in Harare geteken gaan word, te keer.

Die beleggingsooreenkoms, kortweg bekend as BIPPA, beoog om huidige en toekomstige beleggings van Suid-Afrikaners in Zimbabwe te beskerm, maar sluit uitdruklik die beleggings van Suid-Afrikaanse boere wat deur Robert Mugabe se grondhervormingsprogram geraak is, uit.

AfriForum het ‘n regsmening van een van Suid-Afrika se voorste menseregte-advokate aan die minister van handel en nywerheid, Dr Rob Davies, voorsien waaruit dit blyk dat die beoogde ooreenkoms strydig is met die Grondwet, sekere internasionale regsbeginsels asook bestaande hofbevele van die Hooggeregshof in Pretoria en die tribunaal van SAOG.

Indien die ondertekeningsseremonie voortgaan, sal aansoek om ‘n interdik Vrydagoggend in die Noord Gautengse Hooggeregshof gedoen word.

Die groep boere word verteenwoordig deur Mnr Louis Fick, ‘n boer van die plaas Friedawil naby Chinoye in die Ooste van Zimbabwe. Fick is ‘n

Suid-Afrikaanse burger en boer sedert 1993 in Zimbabwe op Friedawil. Hy was een van 79 boere wat in November 2008 suksesvol was in hulle regsaksie voor ‘n tribunaal van SAOG (die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap). Die tribunaal het destyds geskiedenis gemaak met sy bevinding dat pres Robert Mugabe se grond-grypprogram rassisties en onwettig was en daarom gestaak moes word.

Mugabe het hom egter nie gesteur aan die tribunaal se bevinding nie en sy program verskerp. Fick se plaas is ook na die bevinding van die tribunaal beset deur ‘n groep onder leiding van ‘n hoë amptenaar van die Zimbabwese Reserwebank, ene Mr Mashiringwani.

Die groep het Fick op ‘n stadium by herhaling verhinder om sy vee te versorg. Dit het gelei tot 200 vrektes van varke en ander vee weens honger en dors. Fick moes onlangs weens desperate omstandighede al sy oorblywende vee op die plaas van kant maak.

Nadat hy nie gehoor gegee het aan ‘n amptelike kennisgewing dat hy sy plaas moet verlaat nie is hy gearresteer en ‘n nag lank in die polisieselle op Chinoye aangehou. Hy is sedertdien aangekla en word binnekort verhoor op aanklag dat hy Mugabe se grondhervormingsprogram dwarsboom. Indien hy “skuldig” bevind word aan die “misdryf”, kan hy tot twee jaar tronkstraf in ‘n Zimbabwese tronk opgelê word. Fick en sy gesin woon nou in Harare.

 

и баниФильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply