{jathumbnail off}
Rajinder Singh, ‘n ouerige Sikh, wat Islam vir die dood van sy vader met die skeiding van Indië in 1947 blameer, gaan die BNP, British National Party, se eerste nie-blanke lid word. Twee miljoen mense is gedood tydens die skeiding.
Alhoewel Singh reeds ‘n dekade of meer simpatiek teenoor die BNP staan, word hy tans nog weerhou van volwaardige lidmaatskap omdat hy nie wit is nie.
Maar verlede naweek het die BNP se leierskap die eerste stappe geneem om hulle lidmaatskap vereistes te verander om nie-blankes te aanvaar. Die Britse Menseregtekommissie het onlangs die party met regstappe gedreig omdat hulle nie-blankes weier.
Martin Wingfield, die BNP se kommunikasiehoof, het lede in ‘n skrywe op hulle webwerf aangemoedig om die stap te neem. Singh, ‘n afgetrede onderwyser van Wellingborough, Northamptonshire, het gesê hy sal geëerd voel om as lid aanvaar te word.
Sy beweegrede om aan te sluit is omdat die party se sentrale gedagte hom aanstaan, sê hy. “Ek wil nie hê… enige een moet hulle uit die land van hulle voorvaders verdryf nie.”
Singh en nog ‘n Sikh van Slough, bekend as Ammo Singh – nie sy ware identiteit nie – probeer al geruime tyd om Hindoe’s en Sikh’s te werf vir die BNP omdat hulle fel anti-Moslem is, maar sonder veel sukses.
