praag.co.za

Held sterf nadat hy rower skiet

Written by

in

Durban – ’n Man is dood en drie ander ernstig gewond tydens ’n skietery wat tussen omstanders en gewapende mans uitgebreek het tydens ‘n gepoogde rooftog op ‘n hengelwinkel.

Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die skietery het gister in Sidarweg losgebreek.

Twee mans het Bills Fish Tackle-winkel binnegegaan en die werknemers met vuurwapens gedreig, waarna hulle met R2 000 kontant en voorraad, weggehardloop het. 

“’n Omstander wat gesien het wat gebeur het, het ‘n vuurwapen uitgeruk en een van die skurke twee keer in die maag geskiet,” het Wicks gesê.

Wicks het gesê die man het toe saam met nóg twee omstanders, die vlugtende rowers in ‘n bakkie agterna gesit.

Die rowers het hulle in ‘n paarkeerarea ingewag en op hulle gevuur.

Die man wat die eerste rower geskiet het, is noodlottig getref.

“Hy is deur paramedici aan die bestuurderskant van die bakkie in ‘n plas bloed gevind, en het gesterf weens ‘n skietwond in die mond en bors.

“Die twee ander mans is na onderskeidelik die Wentworth-hospitaal en die Bluff mediese sentrum geneem voor paramedici op die toneel verskyn het. Die man wat die bakkie bestuur het, is in ‘n ernstige maar stabiele toestand in die Wentworth hospitaal en ontvang behandeling.”

‘n Derde man veg vir sy lewe in die hospitaal maar daar word nie verwag dat hy sal oorleef nie.

Die polisie soek tans na die rowers wat gevlug het.

Die toestand van die rower wat geskiet is, is nie bekend nie. 

play slots freeФильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply