Vonnisoplegging van ‘n lid van die presidensiële beskermingseenheid sal na verwagting Donderdag in die Potchefstroom-landdroshof begin. Malose Makonyane is Woensdag skuldig bevind op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging, die rig en afvuur van ’n vuurwapen, roekelose bestuur, asook die roekelose ingevaarstelling van persone. Sy medebeskuldigde, Sankoela Lepota is vrygespreek nadat Landdros Louisa Mabille bevind het dat
Tuks weer oop na miljoene se skade by kampusse landwyd
Die Universiteit van Pretoria sal Donderdag weer vir personeellede open nadat die begin van die studiejaar en registrasie die afgelope twee weke deur oproer ontwrig is. Die universiteitsbestuur het intussen toegegee aan die betogers se eise en ‘n ooreenkoms met skoonmakers bereik om uitkontraktering op kampusse te beëindig. Die ooreenkoms raak veiligheidswagte, skoonmakers, tuinwerkers en
Lees verder: Tuks weer oop na miljoene se skade by kampusse landwyd
Dodetal styg na jihadistiese aanval op universiteit in Pakistan
Die dodetal in die aanval op die Bacha Khan-universiteit in Charsadda, ongeveer 50 kilometer van die stad Peshawar, Pakistan, het vinnig gestyg toe gewapende mans die kompleks in die militante-streek bestorm het. Polisie, soldate en spesiale magte het vinnig gevolg en van die grond en uit die lug aangeval om ‘n einde aan die aanslag
Lees verder: Dodetal styg na jihadistiese aanval op universiteit in Pakistan
Polisie in Windhoek rand witte aan
Polisielede verbonde aan die Sentrale polisiekantoor in Windhoek staar klagte van aanranding en brutaliteit in die gesig, nadat hulle glo ’n wit inwoner van Windhoek tydens ondervraging ernstig aangerand het. Die klagte, CR432/01/2016, is by dieselfde polisiekantoor aanhangig gemaak. Na bewering is die 35-jarige mnr. Marco Bock Saterdagoggend deur polisiebeamptes by die sentrale polisiekantoor in
Boervrou sterf ook na wrede aanval
Bernie (84) en Charlotte van Zyl (55) is Saterdag met ernstige beserings op hul plaas Geelhoutboom in Mpumalanga aantref. Nie een van die twee het die wrede aanval oorleef nie. Die bejaarde boer van Panbult is glo deur een van sy swart werkers aangeval en met krukke doodgeslaan. Bernie is op die toneel dood en
Bykans alle blanke DA-kiesers is rassiste, aldus Mmusi Maimane
Dis amptelik, aldus die “Obama van Soweto”, die DA se leier, Mmusi Maimane: Rassiste is nie welkom in die DA nie. Nie net dit nie: As jy wel ‘n rassis is, moenie eers bodder om jou kruisie vir die DA te gaan trek nie. Voorts gaan daar glo van DA-lede verwag word om ‘n anti-rassisme
Lees verder: Bykans alle blanke DA-kiesers is rassiste, aldus Mmusi Maimane
Nog ‘n onwettige banier ontsier Kaapstad
‘n Yslike banier van die nuwe Suid-Afrikaanse onderbroekvlag is aan die kant van dieselfde gebou in Kaapstad aangebring wat verlede week “Zuma must fall” vertoon het. Maar die Stad Kaapstad, sê hulle het geen idee wie verantwoordelik is vir die jongste oortreding op die hoek van Kloof- en Buitensingelstrate nie. “Geen aansoek is aan die
Uitspraak verwag van Zuma-beskermingseenheid wat op wittes skiet
Uitspraak word vandag in die Potchefstroom-landdroshof verwag in die saak teen twee lede van die presidensiële beskermingseenheid. Die transkripsie van die uitspraak teen Sankoela Lepota en Malose Makonyane was tydens hul laaste hofverskyning verlede jaar nie gereed nie. Sankoela Lepota en Malose Makonyane word van poging tot moord aangekla. Die aanklagte hou verband met ‘n
Lees verder: Uitspraak verwag van Zuma-beskermingseenheid wat op wittes skiet
Vermeende swart reeksmoordenaar verskyn
‘n Vermeende swart reeksmoordenaar verskyn na verwagting vandag weer in die Kestell-landdroshof nadat die polisie altesaam ses lyke uit vlak grafte op ’n plaas in die distrik gehaal het. Lentsha Molefe (32), ’n seisoenwerker van Lesotho, is op 26 Oktober 2015 in hegtenis geneem nadat die lyke van twee vroue uit vlak grafte op die
Vrystaatse dokter voor vir beweerde verkragting
‘n Vrystaatse dokter verskyn na verwagting vandag weer in die Phuthaditjhaba-landdroshof op ‘n aanklag van verkragting. Die nege-en-twintigjarige Mohale Setlaba het glo ‘n swanger pasiënt tydens ‘n ondersoek verkrag. Hy is vroeër borgtog van R1000 toegestaan. Volgens polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, het ‘n 29-jarige swanger vrou van Bohlokong naby Bethlehem aan die polisie gesê sy is
Lees verder: Vrystaatse dokter voor vir beweerde verkragting
