Lid van Zuma-beskermingseenheid skuldig bevind

Vonnisoplegging van ‘n lid van die presidensiële beskermingseenheid sal na verwagting Donderdag in die Potchefstroom-landdroshof begin.

Malose Makonyane is Woensdag skuldig bevind op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging, die rig en afvuur van ’n vuurwapen, roekelose bestuur, asook die roekelose ingevaarstelling van persone.

Sy medebeskuldigde, Sankoela Lepota is vrygespreek nadat Landdros Louisa Mabille bevind het dat daar nie genoegsame bewyse was om Lepota skuldig te bevind op die aanklagte teen hom nie.

Die saak hou verband met ‘n padwoedevoorval in Augustus 2013 op die N12 waartydens ‘n skoot afgevuur is op ‘n wit egpaar en hul motor se linkervoorwiel getref is.

3 thoughts on “Lid van Zuma-beskermingseenheid skuldig bevind”

  1. ‘n Wet om die hand in burgery se Pensioen te kry word oornag geteken maar dit vat drie jaar om een krimineel te verwerk? Moet seker nie wonder, nie kla nie, die Koning se saak kom al van 96 af, en hy kry nog sy salaris in die tronk?

Maak 'n opvolg-bydrae