Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sê hy sal met gemak die rekeninge van die Gautengse e-tolstelsel kan hanteer. Die hoof van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se e-diens, Newyear Ntuli sê al ontvang die poskantoor een miljoen e-tol rekeninge ‘n dag sal die stelsel dit maklik kan hanteer. Hy sê in die stadium hanteer die poskantoor gemiddeld 450.000 posstukke
Brandstigting vermoed by Amatola Sun
Die polisie stel ondersoek in na ‘n brand by die Amatola Sun. Oos-Kaapse departement van Openbare Werke sê die polisie sal die oorsake wat tot die brand in Bisho wat die hotel in puin gelê het, bekyk. Dik rookwolke het Woensdagoggend oor die provinsiale hoofstad Bisho gehang, het die Dispatch berig. Staatsamptenare en politici moes
Water in Gautreintonnels, krag sukkel in Johannesburg
Insypeling van water in die treintonnel skep probleme vir die Gautrein. Die Bombela konsessie-maatskappy het opdrag ontvang van ‘n tribunaal van drie afgetrede regters wat deur die Arbitrasie-stigting aangestel is om dele van die Gautrein-tonnel in Johannesburg te herstel. ‘n Woordvoerder van die Gautrein, Barbara Jensen, sê die waterprobleem raak die tonnelgedeelte tussen Johannesburg Parkstasie en Rosebankstasie
Lees verder: Water in Gautreintonnels, krag sukkel in Johannesburg
‘Stuur Groete aan Mannetjies Roux’ bekendgestel
Die rolprent “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” is by ‘n glansgeleentheid in Pretoria bekendgestel. Dit is geskoei op die Laurika Rauch liedjie “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” , wat ook later ‘n verhoogstuk geword het. Die uitvoerende vervaardiger, Piet de Jager, sê hy het Rauch en die skrywer Chris Torr ontmoet toe hy jonk was,
Lees verder: ‘Stuur Groete aan Mannetjies Roux’ bekendgestel
Baba van ses weke verkrag
‘n Ses-weke oue baba is in ‘n hoë-sorgeenheid opgeneem nadat sy verkrag is. ‘n Polisiewoordvoerder, Marriam Mochologi sê die saak word nog ondersoek. ‘n Vier-en-twintig-jarige swart man, na bewering die oom van die kind, verskyn vandag in die plaaslike landdroshof op Galeshewe buite Kimberley in die Noord-Kaap. Die ongetroude moeder het die kind in die
Veiligheid opgeskerp vir Malema se verskyning
Die polisie het veiligheidsmaatreëls in en om Polokwane in Limpopo opgeskerp nadat duisende ondersteuners van die EFF begin saamdrom het voor die hofverskyning van Julius Malema. EFF-lede het ‘n nagwaak vóór Malema se hofverskyning aangekondig. Malema sê die klagtes teen hom is polities gemotiveerd. Malema sal Donderdagoggend hoor of aanklagte van bedrog, geldwassery en afpersing teen
Tutu waarsku oor ‘aanslag op demokrasie’
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het saam met ‘n aantal linkse Suid-Afrikaners inderhaas ‘n verklaring uitgereik waarin gewaarsku word oor die talle protesoptredes in die Wes-Kaap. Hulle sê dat dit bydra tot ‘n groter-wordende aanslag teen die demokrasie, het RSG berig. Die ondertekenaars beskuldig politici en aktiviste in die Wes-Kaap daarvan dat hulle woede aanblaas oor
Tese, Antitese, Sintese
Deur Joseph Secreve. As daar een resep is wat agter die skerms gebruik word om die Weste ten val te bring, dan is dit die dialektiese prosesmodel wat destyds deur die filosoof Hegel beskryf was. Hierdie model kom kortliks daarop neer dat sodra daar sprake is van twee teenoorgestelde kragte, hulle mekaar sal oplos om
Grondwetlike moontlikhede vir selfbeskikking
Deur Dr Christo Landman Indien die grondwetlike reg op selfbeskikking nie noodwendig in onbruik sal verval nie, sal politieke partye wat dit voorstaan en ook organe van die burgerlike samelewing ‘n nasionale beweging moet word om pluralisme, as alternatief vir sosialisme en liberalisme aan te bied. So ‘n politieke offensief vra leierskap en sal nuwe
Mnr Y
Deur Johann Theron. “Mnr X” was ‘n skuilnaam vir George Kennan wat in 1947 die artikel “The sources of Soviet conduct” in die tydskrif Foreign Affairs laat publiseer het. Hierdie artikel het die groei en toekomstige val van die Sowjet-Unie beskryf en hoe hierdie “val” faktore vervroeg kon word. Volgens ‘n opname deur die National
