Mnr Ben Pretorius, ’n pensionaris van Stilbaai, monitor die media landswyd oor aanvalle van swart op wit. Die volgende verslag pas van hom ontvang: Graag hou ek verslag nr. 2 aan u voor oor die voortgesette aanvalle op boere en bejaardes. Die berigte strek oor die periode 30 Augustus tot 7 September 2013 en is
Rioollek ‘n kopseer in Tshwane
Die riool wat by ’n mangat in ’n verlate veld langs Nellmapiuslaan uitstroom, vloei moontlik in die Ecorivier wat aansluit by die Hennopsrivier. ’n Lekkasie by ’n mangat in Irene kan moontlik bydra tot die toenemende besoedeling van die Hennopsrivier. Riool wat by ’n mangat in ’n verlate veld langs Nellmapiuslaan uitstroom, het moontlik in
Amcu-staking skop af
Die staking deur die mynwerkers vakbond, AMCU by Anglo American Platinum se myn op Rustenburg in Noordwes, het begin. Die vakbond staak oor die beplande aflegging van meer as drieduisend werkers by die Amplats-myn. Dit volg nadat onderhandelinge oor die afleggings tussen Amplats en die vakbonde by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie vroeër
Farlam, uit sy diepte, drink tee
Regter Tati Makgoba van die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou in die saak oor staatsfinansiering in die Marikanaverhoor. Hy het belowe om sy finale uitspraak te lewer voordat die Marikanakommissie sy verrigtinge aanstaande maand voortsit. Die regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, wat Marikanamyners verteenwoordig, het aan die hof gesê die President, Minister van Justisie en
Naas verbaas oor boikotaksie teen Blou Bulle
Naas Botha, ’n voormalige Blou Bul en Springbok, het Afriforum se besluit om die Blou Bulle te boikot oor rassekwotas gekritiseer. Botha het gesê kwotas “is deel van ons sport en klaar”. “Kom ons kry dít liewers reg sodat ons nie elke jaar dieselfde gesprek moet hê nie,” het Botha gesê. AfriForum raai rugbyondersteuners aan
Tweede verdagte vas oor lyk in kattebak
‘n 32-jarige man is Donderdag in hegtenis geneem nadat die ontbinde lyk van IT-kundige in die kattebak van sy motor by Montecasino ontdek is. Sowat R80 000 is ná die moord uit Dustan Blom se bankrekening onttrek. ’n Ontkleedanseres het Woensdag in die hof verskyn ivm die moord op Blom. Die 24-jarige Marushcka Robinson sal
‘Wit Weduwee’ se vals SA paspoort gekanselleer
Die minister van binnelandse sake, Naledi Pandor, het gesê dat die paspoort van ‘n vrou wat vermoedelik betrokke is by die terreuraanval by ‘n winkelsentrum in Kenia, in 2011 ondersoek en gekanselleer is omdat dit op ‘n bedrieglike wyse bekom is. Pandor het in Pretoria gesê verdere ondersoeke moet gedoen word oor hoe die vrou
EFF en Sasco raak handgemeen by Unisa
Ondersteuners van Julius Malema se Economic Freedom Fighters ( EFF) en lede van die Suid-Afrikaanse studente-organisasie (Sasco) het mekaar Donderdag getart en handgemeen geraak, kort voor Malema by Unisa opgedaag het. Solly Nkuna, Sasco se voorsitter by Unisa, sê slegs geregistreerde studente sal toegelaat word in the ZK Matthews-saal, waar Malema veronderstel was om oor
Renault-Nissan, die Frans-Japannese vennootskap
Die Renault-Nissan-alliansie is ‘n strategiese Frans-Japannese vennootskap tussen dié twee motorvervaardigers. Die twee reuse, wat saam meer as een uit elke 10 motors wêreldwyd verkoop, is sedert 1999 strategiese vennote. Hulle het byna 350 000 werknemers en beheer sewe groot handelsmerke nl. Renault, Nissan, Infiniti, Renault Samsung motors, Dacia, Datsun en Lada. In 2012 het
Lees verder: Renault-Nissan, die Frans-Japannese vennootskap
Suid-Afrika is ‘n donker organisasie
deur Johann Theron Donker organisasies is blykbaar ‘n onbekende begrip in SA wat verduideliking vereis omdat mens dit kan verwar met terme soos “donker Afrika” – wat toevallig nie die geval is nie. Inderwaarheid is inligting hieroor beskikbaar in skrywes, onder andere van die psigo-analitiese antropoloog, prof. Howard F Stein: Nothing Personal , Just Business
