Oekraïne se sjokeladekoning, die oligarg pres. Petro Poroshenko, het ná laatnag onderhandelinge met Rusland se president, Vladimir Poetin, onderneem om hard te werk ten einde ’n dringende skietstilstandooreenkoms te reël. Die selfverdedigingsgroepe in Oos-Oekraïene het die weermag van die junta in Kiëf swaar verliese laat ly, wat die president genoop het om te onderhandel. Dié
FBI beskuldig Russiese kuberkrakers van aanval op JP Morgan Chase
Die FBI beskuldig Russiese kuberkrakers van die aanval op die rekenaarstelsels van JP Morgan Chase, het Bloomberg berig. ‘n Rekenaarvirus, gedeeltelik in Russies geskryf, het glo data van 70 miljoen Amerikaanse kliënte gesteel. Volgens die verslag, het JP Morgan Chase en ten minste vier ander Amerikaanse banke ‘n kuber-aanval moes trotseer. Die aanval het gelei
Lees verder: FBI beskuldig Russiese kuberkrakers van aanval op JP Morgan Chase
Minstens 300 Amerikaners veg vir ISIS
Die Verenigde State regering is bewus van soveel as 300 Amerikaners wat vermoedelik aan die kant van die Islamitiese Kalifaat veg, die jihadistiese groep met ‘n groot teenwoordigheid in dele van Sirië en Irak, het senior Amerikaanse amptenare gesê. Washington het intussen hul kommer uitgespreek oor “Russe” of “mans in groen” uit Rusland wat in
Vissers by St Francis gered
Dertien mense moes Woensdag gered word toe hul vissersboot onklaar geraak het en gestrand het naby die hawe in St. Francisbaai in die Oos-Kaap, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê. “Die tjokkaboot … het enjinkrag verloor toe dit na die ingang van die hawe ingedraai het,” het Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, in ’n verklaring gesê. Agt
NORAD-vegvliegtuie opgestuur oor twee dronk passasiers
Die Noord-Amerikaanse lugverdedigingsmag het Woensdag twee CF-18 stralers vinnig vanuit Quebec opgestuur om ‘n Sunwing-vlug 656 terug na Toronto te vergesel weens “probleme met passasiers”. Sunwing se vlug op pad na Kuba is gedwing om om te draai en terug te keer na Toronto se Pearsonlughawe Woensdagaand ná twee ontwrigtende passasiers glo ‘n groot versteuring
Lees verder: NORAD-vegvliegtuie opgestuur oor twee dronk passasiers
Medunsa-boikotters dreig studente met dood
Die minister vir Hoër Onderwys en die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommisie se hulp is ingeroep deur Afriforum Jeug nadat boikotters studente gedreig het. Die organisasie voer aan dat studente wat nie aan die klasse-boikot by Medunsa in Garankuwa wil deelneem nie doodsdreigemente ontvang. Die woordvoerder van die organisasie, Henk Maree sê rassistiese aanmerkings word gemaak teen
MSF waarsku dat Ebola-reaksie chaoties is
Die Franse mediese hulporganisasie, Dokters Sonder Grense (MSF) het gewaarsku dat die internasionale reaksie op die ebola-uitbreking in Wes-Afrika chaoties en totaal onvoldoende is, het RSG berig. MSF sê dit is onaanvaarbaar dat ernstige besprekings oor internasionale samewerking eers vyf maande ná die uitbreking begin het. Volgens die organisasie word ebola bestuursentrums in Liberië oorval
Burger King vlug van Amerikaanse belastingkoers
Burger King is die jongste Amerikaanse maatskappy wat sy hoofkantoor gaan verskuif om laer belasting te betaal, ten spyte van president Barack Obama se waarskuwings dat die Amerikaanse regering stappe oorweeg om dit te voorkom. Tussen Junie en Julie, ná Obama se uitlatings, het minstens vyf Amerikaanse maatskappye planne bekendgemaak om te laat spaander. Sedert
Lees verder: Burger King vlug van Amerikaanse belastingkoers
Graderingsagentskap gee SA banke opduim
African Bank se probleme is onwaarskynlik om ’n groot invloed op die groter Suid-Afrikaanse banke te hê, het die graderingsagentskap Fitch gesê. Fitch se uitlatings kom slegs dae nadat ’n ander graderingsagentskap die vier grootste Suid-Afrikaanse banke – Barclays Africa, FirstRand, Nedbank en Standard Bank – se skuld afgegradeer het. Moody’s het verlede week dié
Nampol skiet ‘struggle kid’ dood
Een van die slagoffers van die skermutseling tussen die polisie en die ‘Struggle Kids’ by Swapo se hoofkantoor in Windhoek, het dood onder ‘n goue kombers langs die pad gelê Woensdagoggend. Die jong vrou is tydens ‘n skermutseling tussen die polisie en betogers in Windhoek in Namibië doodgeskiet, waar politieke geweld nie dikwels voorkom nie.
