De Klerk, Vlok staar strafregtelike aanklagte oor apartheidsmisdade in die gesig

Die kollektiewe skuld wat Afrikaners moet verduur oor apartheid, het uiteindelik ‘n gesig of twee gekry. Die Anti-Racism Action Forum (ARAF) sal Woensdag tot die logiese stap oorgaan om die apartheidspresident FW de Klerk van verskeie apartheidsmisdade aan te kla. Die oud-president en Nobelvredespryswenner het voorheen klaarblyklik geglo sy eie veroordelings van “rassiste” en “apartheidsapologete”

Lees verder: De Klerk, Vlok staar strafregtelike aanklagte oor apartheidsmisdade in die gesig

Droogte knou rooivleisbedryf, verbruiker

Die prys van rooivleis gaan na verwagting styg weens die ergste droogte in meer as honderd jaar. Die voorsitter van die Wes-Kaapse rooivleisprodusente-organisasie, John Durr sê kleinskaalse boere sukkel om voer vir hulle vee te produseer en tot by hulle te vervoer. Die voortslepende droogte gaan ook ‘n verlammende uitwerking op die ekonomie hê vanweë

Lees verder: Droogte knou rooivleisbedryf, verbruiker

Twee wit studente se eise teen Kovsies van die hand gewys

Twee wit studente se eise, wat ondermeer laster insluit, teen die Universiteit van die Vrystaat het nie geslaag nie. Afriforum het die regsgeding behartig. Die universiteit het oor hul oorwinning gekraai en gesê die saak teen twee van sy voormalige studente word beskou as afgehandel. Cobus Muller en Charl Blom het in twee afsonderlike sake

Lees verder: Twee wit studente se eise teen Kovsies van die hand gewys

Vrystaatse skole wag steeds op departement se subsidies

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) gaan die Vrystaatse onderwysdepartement hof toe sleep weens derduisende rande se uitstaande skoolsubsidies. Adjunkhoof van Fedsas, Jaco Deacon, sê die organisasie wil die departement verplig om uitstaande subsidies aan skole in die provinsie te betaal. Hy sê die departement het versuim om die uitstaande geld aan die

Lees verder: Vrystaatse skole wag steeds op departement se subsidies

Menigitis trek 38 plat in Mosselbaai

‘n Uitbreking van virale meningitis is in Mosselbaai in die Suid-Kaap aangemeld. Dié soort meningitis word deur ontlasting versprei en die simptome sluit koors, hoofpyne, maagpyn, braking, ‘n stywe nek en diarree in. Die 38 gevalle tussen 1 Desember 2015 en 1 Februarie is almal gehospitaliseer. Wes-Kaapse departement van gesondheid het bevestig dat 37 is

Lees verder: Menigitis trek 38 plat in Mosselbaai

Ondersoek kom na seiljagongeluk op Weskus

Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid sal die seiljagongeluk aan die Weskus ­ondersoek. Drie mense was aan boord van die seiljag, wat glo van Langebaan na Kaapstad op pad was. ‘n Ierse burger wat in die Wes-Kaap woonagtig is, het oorleef en is nie beseer nie. Hy kon daarin slaag om die owerhede van die ongeluk in

Lees verder: Ondersoek kom na seiljagongeluk op Weskus

Vyf vas na Britse vlieënier se dood

Pres. John Magufuli van Tanzanië het die dood van die Britse bewaringskundige wie se helikopter afgeskiet is toe hy vermeende stropers agtervolg het, veroordeel, en gesê vyf mense is in hegtenis geneem, het AFP berig. Die Brit Roger Gower (37) het gesterf toe sy helikopter Vrydag tydens ’n patrollievlug oor die Maswa Natuurreservaat naby die

Lees verder: Vyf vas na Britse vlieënier se dood

Twee verdagtes van Rouxville-plaasmoord verskyn vandag

RSG berig dat die saak teen twee verdagtes in die Rouxville-plaasmoord, tot vandag uitgestel is vir verdere ondersoek. Thabang Jordan en Ngalekile Zamayo is in hegtenis geneem nadat Bennie Cilliers verlede week dood en sy vrou Cecilia ernstig beseer is in die aanval. Die verdagtes word aangekla van moord, poging tot moord, roof en voertuigdiefstal.

Lees verder: Twee verdagtes van Rouxville-plaasmoord verskyn vandag

Amerikaanse benoemingstryd skop af

Die verkiesing van kandidate vir Amerika se presidentsverkiesing in November het in alle erns begin. Iowa is die eerste staat om sy presidentskandidate te verkies. Republikeine het Ted Cruz as hul kandidaat gekies, nadat daar vroeër ‘n driehoekige stryd tussen Cruz, Donald Trump en Marco Rubio was. Trump het tweede na Cruz geëindig. Hy was

Lees verder: Amerikaanse benoemingstryd skop af

Aanvalle op vragmotors in Karoo ‘n kopseer

Aanvalle op vragmotorbestuurders in die Karoo raak ‘n kopseer sê bestuurders. As die polisie nie optree teen aanvallers nie, sal bestuurders genoop word om die reg in eie hande te neem, sê hulle. ‘n Vragmotorbestuurder van Kaapstad is verlede week buite Beaufort-Wes aangeval. Netwerk24 het berig dat Pierre Momberg (40) in die oggend omstreeks 03:30

Lees verder: Aanvalle op vragmotors in Karoo ‘n kopseer