Inwoners van Doringkloof in Centurion is geskok oor die vuil toestand waarin dié woongebied agtergelaat is na ’n byeenkoms die afgelope naweek by Supersportpark. Mense het in massas by die stadium in honderde busse opgedaag om ’n godsdienstige geleentheid van ‘n swart kerk Sondag by te woon. Volgens een van die inwoners in Leoniestraat, slegs
Oud-tennisster Bob Hewitt verskyn op aanklagte van molestering
Daar was geen teken van die voormalige grand slam tenniskampioen, Bob Hewitt by die hof waar hy moet verskyn op aanklagte van molestering nie. Hewitt moes in die Boksburg landdroshof verskyn op aanklagte van seksuele molestering wat dateer uit sy dae as afrigter. ‘n Skare het voor die hof saamgedrom om hom in te wag.
Lees verder: Oud-tennisster Bob Hewitt verskyn op aanklagte van molestering
Inkatha: Staat moet Marikana-slagoffers se regspan vergoed
Die regering moet die ondersoek na verlede jaar se Marikana–skietery ondersteun deur die regspan wat die mynwerkers verteenwoordig te befonds, het die IVP Donderdag gesê. Dit is ‘n bespotting van geregtigheid dat die regslui nog sonder befondsing is, het Inkatha se sekretaris-generaal Sibongile Nkomo gesê. Dali Mpofu, wat beseerde en aangehoudenes tydens die skietery verteenwoordig,
Lees verder: Inkatha: Staat moet Marikana-slagoffers se regspan vergoed
Chaos heers aan Oos-Rand, buitelanders uitgedryf na skietery
Duisende inwoners van Duduza aan die Oos-Rand het hul kinders uit die skool gehaal, en aangemoedig om te plunder en winkels wat aan buitelanders behoort, af te brand. Vier tieners is ernstig beseer in skietgevegte met buitelandse winkeleienaars Donderdag en ‘n vyfde swart jeugdige is erg aangerand. Die bloedvergieting het uitgebreek in Duduza laat Woensdag
Lees verder: Chaos heers aan Oos-Rand, buitelanders uitgedryf na skietery
Bantoe-onderwys was beter, sê Wits-akademikus
Die apartheidsera se Bantoe-onderwysstelsel was veel beter as die huidige stelsel, het ’n Wits-akademikus Donderdag in Pretoria gesê. “Wat gehalte betref was dit veel beter as die onderwys wat ons kinders deesdae ontvang en dit is waar die probleem lê,” het Rabelani Dagada, ’n dosent by die sakeskool van die Universiteit van die Witwatersrand gesê
Swendelaars bedrywig by tweedehandse motors
Die polisie in Pretoria ondersoek ‘n skelmstreek deur swendelaars wat hulle as tweedehandse motorverkoopsmanne voordoen. Kapt. Collette Weilbach, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê vyf sake word by die Villieria-, Pretoria-Sentraal en Sinoville-polisiekantore ondersoek. Die swendelaars wag by die motorhandelaars en oortuig potensiële kopers om geld aan hulle te gee in ruil vir afslag op die motor
Veiligheidsraad verdeel oor Egipte
Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het ‘n beroep op die Egiptiese regering en die Moslembroederskap gedoen om hulle van geweld te weerhou en versoening na te streef. Die Raad het na ‘n noodsitting Donderdagnag egter nie ‘n konsensus-verklaring kon uitreik oor die hernieude geweld in Egipte wat reeds meer as 600 lewens geëis het
R33 steeds gesluit weens sianied-ongeluk
Die R33 tussen Piet Retief en Amsterdam in Mpumalanga is steeds gesluit ná ‘n toksiese chemiese storting op die pad. Die roete is sedert Maandag vir verkeer afgesper. Volgens ‘n woordvoerder van die Mkhondo-munisipaliteit het ‘n vragmotor met natrium-sianiedbrikette omgeslaan. ‘n Spesiale span werkers moet die brikette glo met die hand verwyder. Die vragmotor was
NUM, Solidariteit sal nie Marikana-slagting herdenk nie
Duisende mense sal na verwagting opdaag vir die herdenkingsdiens op Wonderkop by Marikana waar 34 mynwerkers ‘n jaar gelede gedurende onwettige stakings in ‘n polisielokval omgekom het. Vakbonde, waaronder NUM en Solidariteit, het Amcu se uitnodiging om deel te neem van die hand gewys. President Jacob Zuma het intussen om kalmte gepleit nadat nog sterftes
Lees verder: NUM, Solidariteit sal nie Marikana-slagting herdenk nie
SA polisie verkoop hul uniforms, ammunisie aan skelms
Daar moes onlangs dringend opgetree word om te verhoed dat polisieklere en -wapens in die verkeerde hande beland, het die Bellvillese Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof Maandag in Kaapstad aangehoor. Kaptein Cathline Jephta van die polisie se taktiese reaksie-eenheid het aan die hof gesê: “Toe ons hoor dat ‘n polisiebeampte by die onwettige verkoop van polisie-uniforms betrokke was,
Lees verder: SA polisie verkoop hul uniforms, ammunisie aan skelms
