Oud-tennisster Bob Hewitt verskyn op aanklagte van molestering

Bob Hewitt
Bob Hewitt

Daar was geen teken van die voormalige grand slam tenniskampioen, Bob Hewitt by die hof waar hy moet verskyn op aanklagte van molestering nie.

Hewitt moes in die Boksburg landdroshof verskyn op aanklagte van seksuele molestering wat dateer uit sy dae as afrigter.

‘n Skare het voor die hof saamgedrom om hom in te wag. Organisasies soos die Northfield Metodiste Kerk en Vroue en Mans teen Kindermishandeling het gedreunsing: “Man up! Erken wat jy gedoen het!“

Hulle het onder meer plakkate opgehou wat lees: “Beskerm ons kinders van seksuele roofdiere“.

Die Associated Press (AP) nuusagentskap het berig in Junie dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NV) ‘n dagvaarding op die 73-jarige Hewitt beteken het op 15 Junie deser.

Die 73-jarige Hewitt behoort vandag te weet op watter aanklagte hy tereg staan.

Hy word daarvan beskuldig dat hy jong meisies wat hy afgerig het dekades gelede gemolesteer het. Die beweerde misdade dateer terug na die sewentiger-jare. – Sapa

14 thoughts on “Oud-tennisster Bob Hewitt verskyn op aanklagte van molestering”

          1. Renier jy weet om van iets beskuldig te word waaraan jy nie skuldig is nie is verseker baie dramaties en mens gun die niemand. Om weg te kom van misdaad, veral teen kinders moet tot die fynste ondersoek word en indien skuldig gestraf word. Hoeveel molesteerders en verkragters loop vandag rond sonder dat hulle vervolg te is of word? Waarom hierdie man en sy beweerde daad verdedig?

    1. Indien hy wel kinders molesteer het, of dit nou gister of 40 jaar gelede is, maak dit enige verskil? Maak dit sy misdaad anders? As dit moord was sal jy nog so daaroor voel? Hy moet gestraf word indien hy skuldig is. Al wat ek nie kan verstaan nie is waarom mense so lank, na die tyd, sulke misdade dit aanmeld.

      Ek hoor wat jy seg oor die swartes wat verkrag en vry rondloop, maar my vriend dit maak nie ander wat kinders molesteer nie strafbaar nie, wit, pienk, swart groen pers almal moet gestraf word vir misdaad gepleeg, sonder uitsondering.

  1. Jaap,Riempies, Renier & Willy, seker die swakste kommentaar wat ek nog in my lewe gelees het, inteendeel siek baie siek, moet hierdie gemors nou loskom omdat by blank is, seker omdat julle agter die deur staan dat jul hom wil verdedig, sies ek skaam my vir blankes soos julle, 40 jaar terug was dit feitlik onmoontlik om klagtes te le , alles was net in die kiem gesmoor.

    1. Maggie jy bedoel seker 40 jaar terug is daar nie “bewyse” gefabriseer soos vandag wat verraaiers help om mede blankes te vernietig nie. Hier is blote bewerings wat nog bewys moet word n n verskoning van n hof, met n verleentheid van regspraak. Wat het hierdie klaagsters 18 jaar gelede gekeer? Seker n tekort aan geld om n uitspraak te koop in die nuwe Suid
      Afrika?

      Natuurlik as hy skudig is moet hy daarvoor boet – die probleem is net dat mens nooit sal kan staatmaak daarop dat die waarheid sal seevier nie, wat die waarheid ookal is.

      1. Riempies, ek kan sien jy het nie ‘n idee waarvan jy praat in hierdie geval nie, 20 30 40 jaar gelede is kinders gedwing om stil te bly oor oom broer, pa, goeie vriend, onderwyser, ens. Dit is dinge wat nooit eers oor gepraat is nie. Hoekom? dit was dan nou groot skande oor die familie, in blanke gemeenskappe kon so iets mos nooit gebeur nie. Wat se kans het het ‘n kind gehad teen ‘n slu slim molesteerder feitelik nul. Baie goei raad vir jou is gaan lees die boek “Dis ek Anna” gebaseer op ware verhaal, voor jy en die ander weer sulke absurte aanmerkings maak, jy sal sien hoe stiefpa tot die ds oortuig het hierdie klein dogtertjie ‘n slet was, en haar ma het maar net ander pad gekyk.

Maak 'n opvolg-bydrae