Peiling oor volkstaat op Beeld-webwerf

Nuwe berig: {jathumbnail off} Die meningspeiling oor ‘n Afrikanervolkstaat op Beeld se webwerf is gister gesluit met ‘n oorweldigende meerderheid wat óf heeltemal ten gunste óf voorwaardelik ten gunste van ‘n volkstaat is. Die finale stemming in die referendum-om-onafhanklikheid-in-die-kleine lyk soos volg: Sou jy dit oorweeg om in ‘n volkstaat te bly? Ja: 56% 6191

Lees verder: Peiling oor volkstaat op Beeld-webwerf

Kwaliteit van leierskap laat veel te wense oor

“As ‘n mens die TV-onderhoud van pres. Jacob Zuma met e-TV na die afloop van die ANC se 90ste verjaardag kan met twee woorde opgesom word – onpresidensieel en onvoldoende,” aldus die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha. “Terwyl hy besluiteloos voorgekom het, het

Lees verder: Kwaliteit van leierskap laat veel te wense oor

Plakkers bestook huise met petrolbomme

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die Tshwane-metroraad strenger moet optree teen onwettige grondbesetters naby Laudium wat teen hulle uitsetting betoog. Sommige huise van inwoners van Laudium is met petrolbomme bestook. Grond wat deur PPC-sement besit word is onwettig beset en PPC het ‘n hofbevel in die Gautengse Hooggeregshof verkry dat die plakkershutte verwyder moet

Lees verder: Plakkers bestook huise met petrolbomme

Schwartzel wen Afrika Ope

Charl Schwartzel het die Afrika Opegholftoernooi Sondag met net een hou gewen. Die wenner het die wedstryd met 272 afgesluit, ses onder baansyfer. Schwartzel (25) is nommer een op die Suid-Afrikaanse ranglys en 66ste in die wêreld. Nog ‘n Suid-Afrikaner, Thomas Aiken, het kort op sy hakke in die tweede plek op 273 geëindig.  

Lees verder: Schwartzel wen Afrika Ope

Minister waarsku teen sokkerontwrigting

Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning, het Sondag tydens sy besoek aan die gewonde speler van Togo, Kodjovi Obilale, in die Johannesburgse Milpark-hospitaal, gewaarsku dat diegene wat vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi wil ontwrig, “verbrysel”sal word. Internasionale mediaberigte het die veiligheidsmaatreëls vir die 2010 Wêreldbeker-toernooi in Suid-Afrika ná die aanval in Angola bevraagteken. Stofile het egter

Lees verder: Minister waarsku teen sokkerontwrigting

Nuwe rasseherrie rondom Obama se velkleur

Een van die vername leiers van die Amerikaanse Demokratiese Party en meerderheidsleier in die senaat, Harry Reid, het verskoning aangeteken vir ‘n opmerking oor president Barack Obama se velkleur en taalgebruik. Ook oudpresident Bill Clinton het glo oor Obama gesê dat “dié vent ‘n paar jaar gelede nog vir ons koffie sou gebring het”. Volgens

Lees verder: Nuwe rasseherrie rondom Obama se velkleur

Togo-premier vra sy span om terug te keer

Die premier van Togo, Gilbert Houngbo, het Sondag sy land se nasionale sokkerspan aangeraai om dadelik terug te keer huis toe uit Angola ná ‘n dodelike aanval op sy span in die aanloop tot die Afrikabekertoernooi. “As daar ‘n span of spelers onder die naam van Togo by die opening van die Afrikabeker-toernooi teenwoordig is,

Lees verder: Togo-premier vra sy span om terug te keer

Bejaarde wreed vermoor

Die bejaarde Kitty Botha (83), van Lyttleton, is Vrydagaand wreedaardig in haar huis vermoor. Sy was glo alleen tuis toe verdagtes haar huis binnegedring het en daarna aan die brand gesteek het. Volgens haar kleinseun het haar bure rook uit die huis sien borrel en met behulp van tuinslange probeer om die vlamme te blus.

Lees verder: Bejaarde wreed vermoor

Die fisiologie van versoening vereis veel meer as simboliek

Die “debat” oor die moontlikheid dat pres. Jacob Zuma dalk as “versoeningsgebaar” kwytskelding gaan gee aan Eugene de Kock laat die gemoedere in sommige geledere kook. Te midde hiervan meen Rapport se Jan-Jan Joubert die keuse van De Kock as versoeningsgebaar teenoor die Afrikaner is ‘n mistasting van wie en wat die Afrikaner werklik is.

Lees verder: Die fisiologie van versoening vereis veel meer as simboliek