Die bejaarde Kitty Botha (83), van Lyttleton, is Vrydagaand wreedaardig in haar huis vermoor. Sy was glo alleen tuis toe verdagtes haar huis binnegedring het en daarna aan die brand gesteek het.
Volgens haar kleinseun het haar bure rook uit die huis sien borrel en met behulp van tuinslange probeer om die vlamme te blus.
Hulle het ook dadelik die nooddienste ontbied.
Volgens Nuus24 is Botha se lyk later in die gang van haar huis gevind by dié van haar troeteldier.
Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.
