Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning, het Sondag tydens sy besoek aan die gewonde speler van Togo, Kodjovi Obilale, in die Johannesburgse Milpark-hospitaal, gewaarsku dat diegene wat vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi wil ontwrig, “verbrysel”sal word.
Internasionale mediaberigte het die veiligheidsmaatreëls vir die 2010 Wêreldbeker-toernooi in Suid-Afrika ná die aanval in Angola bevraagteken.
Stofile het egter gesê die aanval in Kabinda was deur politiek gemotiveer en kan nie met Suid-Afrika vergelyk word nie.
Twee spelers van Togo is dood en agt gewond in die masjiengeweeraanval op Togo se nasionale sokkerspan, nadat hulle in Angola aangekom het vir die Afrikabeker-toernooi wat Maandag afskop.
Togo sou teen Ghana speel, maar dié land se premier het reeds die span gevra om hom uit te onttrek.