AgriSA gaan help met bevolkingsregistrasie op plase

Die departement van binnelandse sake sal boerdery gemeenskappe regoor Suid -Afrika besoek om die immigrasiestatus van werkers te inspekteer, het minister Naledi Pandor by ‘n AgriSA-beraad Donderdag gesê. Die teenwoordigheid en die indiensneming van onwettige en ongedokumenteerde mense hou ‘n ernstige nasionale sekuriteitsrisiko in, het Pandor in Pretoria gesê . “Almal in Suid-Afrika moet gedokumenteer

Lees verder: AgriSA gaan help met bevolkingsregistrasie op plase

‘Polisie sal nie onwettige oproer by myne duld nie’

Die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa, sê die regering sal nie anargie en wetteloosheid tydens dienslewerings-en arbeidsverwante betogings in die myngebiede duld nie. Mthethwa het buite Burgersfort in Limpopo gepraat waar hy die provinsiale Mynmisdaad-bestrydingsforum bekendgestel het. Verskeie gewelddadige betogings het vanjaar by myne op Burgersfort, Thabazimbi en Phalaborwa uitgebreek. Die minister sê die betogings

Lees verder: ‘Polisie sal nie onwettige oproer by myne duld nie’

Oproermakers by Tshepisong versper paaie

Betogers in die Tshepisong-lokasie aan die Wes-Rand het Donderdag ‘n vragmotor aan die brand gesteek. Motoriste is gevra om van alternatiewe roetes, soos Ontdekkersweg en die N12, te gebruik, het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie gesê. Konst. Vincent Mashiteng, polisiewoordvoerder, het gesê inwoners betoog omdat hulle sedert verlede Saterdag sonder elektrisiteit is.

Lees verder: Oproermakers by Tshepisong versper paaie

UJ-dekaan geskors oor geld wat verdwyn

Prof. Bheki Mamba, uitvoerende dekaan van die wetenskappe aan die Universiteit van Johannesburg, is Donderdag geskors oor bewerings van finansiële ongerymdhede. “Prof. Mamba is ‘n uitsonderlike akademikus. Om dié rede en gegewe die erns van die bekommernisse, sowel as sy senioriteit, hanteer die universiteit dit met groot dringendheid,” het prof. Ihron Rensburg, die visekanselier, in

Lees verder: UJ-dekaan geskors oor geld wat verdwyn

Noorweër by terreuraanval in Nairobi betrek

Noorweë se intelligensie-agentskap, PST,  het ‘n ondersoek begin om vas te stel of een van dié land se burgerlikes betrokke was in die bloedbad in die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia, in September. Al Sjabaab, wat bande met Al-Kaïda het, het verantwoordelikheid aanvaar vir verlede maand se aanval, waarin minstens 67 mense gesterf het. “Gegrond op

Lees verder: Noorweër by terreuraanval in Nairobi betrek

Malawi-amptenare gevang met geld onder beddens, in motors

Malawi se president Joyce Banda het haar kabinet afgedank te midde van bewerings van korrupsie in die regering. Verskeie amptenare is na bewering gevang met die geld weggesteek onder hul beddens en in hul motors, het die BBC se Raphael Tenthani uit Malawi berig. Verlede maand is ‘n amptenaar van die ministerie van Finansies Paul

Lees verder: Malawi-amptenare gevang met geld onder beddens, in motors

Man wat Moslem doodslaan kry 8 jaar

Rudolph Viviers, wat ‘n Moslem na ‘n argument oor sy baard doodgeslaan het, is Donderdag tot agt jaar tronkstraf gevonnis, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê. “Viviers is tot 12 jaar tronkstraf, waarvan vier jaar opgeskort is, gevonnis vir strafbare manslag en vier jaar vir aanranding met die doel om ernstig te beseer,” het Phindi

Lees verder: Man wat Moslem doodslaan kry 8 jaar

Joemat-Pettersson: Was dit dief of teef?

Die ANC-hoofsweep, Stone Sizani, het twee parlementslede se opmerkings teenoor Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, veroordeel. “Ons is in kennis gestel dat die ANC-LP Salamuddi Abram gister [Woensdag] in ‘n hewige debat die minister ‘n leuenaar genoem en homself luidrugtig en ontwrigtend gedra het voordat hy uit die vergadering gestorm het,” het

Lees verder: Joemat-Pettersson: Was dit dief of teef?

G4S kry die trekpas by Mangaung

Verskeie werknemers, onder andere ‘n senior amptenaar van die departement van korrektiewe dienste, is Donderdagoggend by die Mangaung- Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein aangeval. RSG berig die situasie by die tronk is steeds gespanne. Die departement het gister die bestuur van die gevangenis oorgeneem nadat die maatskappy wat aangestel is om die tronk te bestuur, G4S,

Lees verder: G4S kry die trekpas by Mangaung

Die belang van ‘n volk se geskiedenis

Paul Kruger is op hierdie dag in 1825 gebore. Vir baie is hy onbetwisbaar die grootste leier wat die Afrikanervolk nog opgelewer het, en dit is belangrik dat geskiedkundige datums soos hierdie nie uit ‘n volk se kultuur-skatkis verdwyn nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus. Dr. Mulder sê die feit dat

Lees verder: Die belang van ‘n volk se geskiedenis