Drie kinders dood in yskas gevind

Die liggame van drie swart kinders is in ‘n ou yskas in Atamelang in die Noordwes-provinsie gevind. Sers. Kealeboga Molale, polisiewoordvoerder, sê die kinders, tussen drie en vyf jaar oud, is Donderdag laas gesien toe hulle buite gespeel het.  “Die kinders se ouers en gemeenskapslede het na hulle gesoek, maar sonder sukses.”  Molale het gesê

Lees verder: Drie kinders dood in yskas gevind

VSA, Rusland bereik ooreenkoms oor Siriese wapenvoorraad

Die VSA en Rusland het ooreengekom dat Sirië inspekteurs toegang tot alle chemiese wapens moet gee voordat dit vernietig word. ‘n Raamwerk wat die vernietiging of verwydering van Sirië se chemiese wapens teen die middel van 2014 is deur albei lande aanvaar. Die Russiese minister van buitelandse sake Sergei Lawrof en sy Amerikaanse eweknie, John

Lees verder: VSA, Rusland bereik ooreenkoms oor Siriese wapenvoorraad

Dringende aansoek na intimidasie by vulstasies

Die Brandstof Kleinhandelaarsvereniging het aansoek om ‘n dringende interdik gedoen ná voorvalle van intimidasie teen nie-stakende werkers in die brandstof- en motorverwante bedrywe. Volgens die vereniging was daar gister alleen 20 voorvalle. Vroeër die week is twee fotograwe ook aangerand. Die vakbond, SATAWU in die Vrystaat sê vragmotorbestuurders wat brandstof by vulstasies aflewer word aangeval.

Lees verder: Dringende aansoek na intimidasie by vulstasies

Klopjag op Mandela-fonds in die kiem gesmoor

Senior polisiebeamptes het ‘n beplande klopjag op liefdadigheidsorganisasies wat met oudpres. Nelson Mandela verbind word, in die kiem gesmoor, berig die Mail & Guardian. Hoëvlak-polisiebeamptes was glo bekommerd dat die klopjag op die Nelson Mandela-stigting, die –kinderfonds, en die –trust, verleentheid sal veroorsaak. ‘n Brief van die Valke is daarna onder meer na Mandela se

Lees verder: Klopjag op Mandela-fonds in die kiem gesmoor

‘Ek sal Papenfus doodmaak’

Die polisie se woordvoerder, luitenant-kolonel André Traut, het gesê die polisie het geen rekords van dreigemente wat teen ene Carina Papenfus van die Freedom Trust of die Engelbrechts gerig is nie. Papenfus, wat ‘n voormalige geestespasiënt van die Lentegeur Psigiatriese Hospitaal is, het haar as ‘n “verontregte” plaaswerkerseun, Flippie Engelbrecht, se beskermer aangestel. Sy is vroeër

Lees verder: ‘Ek sal Papenfus doodmaak’

Drie in hof oor Guptalanding

Drie beamptes wat aangekla is oor die omstrede landing van die Gupta-familie se vliegtuig, sal Vrydag in die militêre hof verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van die misbruik van staatseiendom en dat hulle vals verklarings onder eed afgelê het. ‘n Gupta-straler met sowat 200 bruilofsgaste aan boord het op 30 April by die Waterkloof-lugmagbasis geland.

Lees verder: Drie in hof oor Guptalanding

Guptas ontken rooftog

Die Gupta-familie het ontken dat daar ‘n rooftog by een van hul huise in Johannesburg was. Die polisie het Donderdag gesê ‘n huishulp is Donderdag by ‘n huis van die Guptas in Houghton in hegtenis geneem, berig Eyewitness News. Die werker is Woensdag in hegtenis geneem in Benoni, het kol Lungelo Dlamini gesê. Sy het

Lees verder: Guptas ontken rooftog

NYDA ontvang prestasiebonusse vir wanprestasie

Prestasiebonusse is uitgedeel in die nasionale jeugontwikkelingsagentskap (Nyda) terwyl die agentskap self erken dat hulle nie projekte uitvoer nie. Die afgelope boekjaar het dié bonusse die belastingbetaler byna R8 miljoen gekos, het Die Burger berig. Nyda het vroeër in die parlement erken dat hy reeds in die eerste kwartaal van die huidige boekjaar net 14

Lees verder: NYDA ontvang prestasiebonusse vir wanprestasie

Vier voor vir wrede moord op Oranjeville-apteker

Vier swart mans sal vandag in die hof verskyn in verband met die wrede moord op ‘n apteker van Oranjeville. Thabang Motloung, Tsietso Motloung, Teboho Mofokeng en Sthembiso Mnune sal na verwagting om borg aansoek doen, het OFM berig. Die vier staan tereg op aanklagte van moord, roof en brandstigting nadat hulle Vivien Ponté verlede

Lees verder: Vier voor vir wrede moord op Oranjeville-apteker

Swartman wat klip van brug afgooi ‘n ‘sadis’: aanklaer

Beeld berig dat die swartman wat ’n klip van ’n brug oor die N1-snelweg in Pretoria na ’n motor geslinger het, dit vir “sy eie sadistiese plesier gedoen het, om mense seer te maak”. Só het die aanklaer in die saak, Ashwin Ramnarain, In die Pretoriase Streekhof gesê. Landdros Solomon Mkhabela het die beskuldigde, Alpheus

Lees verder: Swartman wat klip van brug afgooi ‘n ‘sadis’: aanklaer