Die ANC se president, Jacob Zuma, het verlede week op versoek van die vakbond Solidariteit ‘n verarmde blanke gemeenskap besoek.
Maar vir menige volksgenoot wat oor die kykkassie se nuus gekyk het na dié besoek, was dit in wese vernederend om te sien hoe ‘n Afrikanervrou haar gebroke Engels moet uithaal om by ‘n nie-Afrikaans verstanende Jacob Zuma te pleit dat hy tog elektrisiteit moet gee. Dit was hartverskeurend enersyds, maar vernederend andersyds om te sien hoe dié vrou byna huilend vertel dat hulle geen elektrisiteit het nie, en of Zuma tog nie maar iets daaraan kan doen nie. Dit, terwyl Zuma se lyftaal nie besondere simpatie getoon het nie toe hy aandagtig die lug bespied het en slegs kon sê: “Ek is geskok, ek is geskok”. In Engels natuurlik.

Ek wonder in watter kristalbal mnr. Ki-moon gekyk het voor hy die verbysterende uitspraak gemaak het dat Afrika suid van die Sahara nie sy ontwikkelingsdoelwitte sal behaal nie.