Clinton sukkel

Hillary Clinton moet met 10 persentasie punte of meer wen in die Pensilwanië-uitklopverkiesing om die Demokratiese leierskap daarvan te oortuig dat sy in die resies moet bly.

Barack Obama het toegegee dat hy nie vandag se verkiesing kan wen nie, maar hy is reeds byna verseker van ‘n oorwinning oor die breër front.

Hy het gesê dat hy ‘n kop-aan-kop uitslag verwag en dat hybaie beter gaan dioen as wat mense verwag.

Albei kandidate het energiek probeer om stemme te werf oor die hele deelstaat om hulle kanse te verbeter. Die groter Philidelphia-area is die tuiste van 40% van die deelstaat se Demokratiese kiesers.

Clinton se befondsing raak al hoe meer agter Obama s’n en haar ongelooflike skuld van $10 miljoen laat vrae ontstaan oor haar vermoë om in die stryd te kan bly.

осушитель для компрессораtopcargo отзывы