10:59:05 Die trekkers was heeltemal afhanklik van die trekosse en het hulle goed opgepas. Snags is soms groot vure gemaak om wilde diere weg te hou. 'n Span het gewoonlik uit twaalf tot sestien osse bestaan, en elke os het sy eie naam gehad. In Tregardt se trek was daar 'n Ribbok, Somer, Friesland, Rooiland, Wiegeland, Robbert, Duiker, Joeman, Vryman, Liefhebber, Witbol, Fluit, Witsenberg, Tiegerberg, Blouberg, Regter en Roman. Elke os het 'n vaste plek in die span gehad. Links van die wadrywer op die wakis was die hotkant en regs die haarkant. In 'n span van 12 was daar dus 'n hotvoor, haarvoor, hotnaasvoor en haarnaasvoor, hot-op-ses, haar-op-ses, die hot- en die haarnaasagter, en die hotagter en haaragter.
Op die trekpad tydens die Groot Trek

06:54:50 Volgens die Instituut vir Sekerheidstudies behoort sekswerk gedekriminaliseer te word en deur dieselfde arbeidswetgewing as ander sektore van die ekonomie gereguleer te word.
06:49:23 Die leier van die Zimbabwiese opposisie, Morgan Tsvangirai, het gister gesê hy is tevrede met die manier waarop die samesprekinge met Zanu-PF verloop.