Misdaad kniehalter toerisme

Image07:14:25 Persepsies oor geweldsmisdaad kniehalter toerismegroei in Suid-Afrika, volgens 'n toptoerismebeampte.

Suid-Afrika is tans een van die wêreld se mees gewelddadige lande buite 'n oorlogsgebied.

Dit het toeriste die skrik op die lyf gejaag wat ons mooi strande en skouspelagtige wildlewe wil ervaar.

Groei in Suid-Afrikaanse toerisme bly nietemin twee keer so hoog soos die globale gemiddeld. 'n Rekord-9,1 miljoen toeriste het verlede jaar die land besoek, maar veiligheid en sekuriteit bly 'n groot kopseer.

Toerisme het in 2007 8,4% tot Suid-Afrika se BNP bygedra.

SA Toerisme hoop op 10 miljoen besoekers in 2010 en 'n historiese hoogtepunt in BNP-bydrae van 12% teen die jaar 2014.

uk gamblingАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae