Sekswerk moet gedekriminaliseer word

Image06:54:50 Volgens die Instituut vir Sekerheidstudies behoort sekswerk gedekriminaliseer te word en deur dieselfde arbeidswetgewing as ander sektore van die ekonomie gereguleer te word.
'n Senior navorser van die ISS, Chandre Gould, sê dat kriminalisering van sekswerk beteken dat die nywerheid ongereguleer is.

Dit skep toestande wat vir ander soorte werk onaanvaarbaar sou wees.

Die studie toon dat terwyl sekswerkers dikwels onderworpe is aan toestande van uitbuiting, baie min gedwing word om seks te verkoop.

Gould sê 'n aantal sekswerkers het die werk gekies omdat hulle meer geld kon verdien as wat hulle met hulle vaardighede in ander betrekkings sou verdien.

Sekswerk word grotendeels deur swart Suid-Afrikaanse vroue tussen die ouderdomme van 24 en 28 verrig.

Slegs 5% van die werkers is buitelandse burgers.

продвижение сайтаФильчаков прокурор харьков