DA soek verduideliking oor Skerpioene

07:38:46 Die DA wil hê president Mbeki moet sy ommekeer oor die Skerpioene se ontbinding verduidelik.

 
In 'n geskrewe versoek aan die parlement eis die party redes van Mbeki, Brigitte Mabandal en Charles Nqakula waarom die elite-eenheid ontbind word.

Die DA se woordvoerder vir veiligheid en sekuriteit, Dianne Kohler-Barnard het gesê beide Mbeki en Mabandla het voorheen die Skerpioene aangeprys.

Nou steun hulle egter die ANC se Pietersburgbesluit om die eenheid te ontbind.

Sy sê dit is 'n irrasionale rigtingsverandering wat die kwessie betref.

Sy het bygevoeg dat in weerwil van die ooglopende welslae van die eenheid die president en albei ministers 'n volslae ommekeer oor die waarde van die Skerpioene ondergaan het.

обслуживание и ремонт дизельных генераторовлобановский александр компромат