Hy het ook aangedui dat die sperdatum van 4 Augustus nie in beton gegiet is nie
Onderhandelings is eergister verdaag, wat min tyd laat om die 4 Augustus-sperdatum te haal.
Tsvangirai het met veslaggewers in Dakar gepraat na afloop van 'n ontmoeting met die Senegalese president, Abdoulaye Wade.
Hy sê dat twee weke te min mag voorkom maar dat die fasilitering sal aanpas soos wat vooruitgang dinge voorwaarts dwing.
Tsvangirai het Dinsdag verseg om enige besonderhede te verskaf oor vooruitgang wat tot dusver in die onderhandelinge gemaak is.

06:49:23 Die leier van die Zimbabwiese opposisie, Morgan Tsvangirai, het gister gesê hy is tevrede met die manier waarop die samesprekinge met Zanu-PF verloop.