Die vorige hoof van die Nasionale Intelligensiediens, Billy Masetlha, wat so pas verkies is tot die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) sê dat president Thabo Mbeki en sy kabinet van hul regeringsposisies “herroep” mag word tensy hulle teenoor Luthulihuis “verantwoording kan doen”, het die sakekoerant Business Day gister berig.
Volgens die berig het Masetlha gesê dit sou gebeur omdat ANC-lede na regeringsposte ontplooi word en nie direk tot openbare posisies verkies word nie.
