Masethla het Donderdag aan ʼn byeenkoms van die veteranevereniging van die ANC se onbinde militêre vleuel, Umkhonto weSizwe, gesê dat die volgende paar maande “baie moeilik” gaan wees indien die regering bloot voorgee om ANC-besluite wat by die belangrike 52ste partykongres geneem is, wat tot gevolg gehad het dat Mbeki uitgestem is en Jacob Zuma tot die party se nuwe president verkies is.
Masetlha, wat deur Mbeki afgedank is, het ook gewaarsku dat daar “dissipklinêre stappe” teen die verdedigingsminister, Mosiuoa Lekota, en sy adjunk, Mluleki George, ingestel kon word weens hul gedrag in die aanloop tot en gedurende die konferensie in Limpopo verlede week.
Volgens die Business Day-berig, het die twee stoere Mbeki-ondersteuners in die openbaar teen Zuma standpunt ingeneem. Lekota het Zuma-ondersteuners gestriem deur te sê dat hulle nie “behoorlik dink” nie en skurke was deur ANC T-hemde met Zuma se gesig daarop te dra. George het ʼn massavergadering neffens die ANC-konferensie gehou en het na Zuma-ondersteuners as “neulendes” verwys wat gestuit moet word alvorens hulle die “revolusie” kaap.
Masetlha het gesê hoewel die ANC homself moet “heel” daar tog sekere “moeilike vrae” gevra moet word. “Ons is verkies in diens van die mense. Verantwoordbaarheid begin nou,” het hy gesê.
“Met alle respek aan die kabinet, hulle sal verantwoordbaar moet wees en as hulle die konferensiebesluite minag, moet hulle herroep word.”
