Volgens dieselfde bronne is Eskom besig om die brand “toe te smeer” uit vrees vir verdere kritiek van die publiek. Oor die afgelope aantal weke het beurtkrag talle ondernemings en winkelsentrums lamgelê en miljoene rande se omset het verlore gegaan.
Matla is een van Suid-Afrika se grootste steenkoolkragstasies wat normaalweg 3600 megawatt produseer. Die brand by dié kragstasie mag verklaar waarom daar die afgelope weke soveel kragonderbrekings landwyd voorgekom het.
