Franse TV toon Afrikaners met gewere

Image

‘Monsieur S?curit?’

Direk na ʼn berig oor Jacob Zuma se verkiesing as ANC-president, het die Franse staatstelevisiekanaal, France 2, Donderdagaand ʼn insetsel aan miljoene kykers getoon waarin Afrikaners selfverdedigingsopleiding teen geweldsmisdaad ondergaan.

Anders as twintig jaar gelede, is die berig geensins deur anti-Afrikaanse of anti-blanke sentiment gekleur nie. In die geheel bied dit ʼn positiewe blik op pogings van Afrikanerboere en –stedelinge om hulself teen geweldsmisdaad te beveilig. Die insetsel fokus op ʼn elfjarige dogtertjie, Angelique, wat opleiding met pistole en gewere ondergaan uit vrees dat sy aangeval sal word.

Ter inleiding word vermeld dat een miljoen blankes reeds die land sedert 1994 verlaat het, hoofsaaklik as gevolg van misdaad. Tydens ʼn onderhoud met mnr. Gideon Meiring van TLU-veiligheid word hy voorgestel as “Monsieur Sécurité” en toegelaat om Afrikaans te praat wat dan in Frans getolk word. Meiring stel dit onomwonde dat die een aspek van die ou Suid-Afrika wat mens deesdae mis, die handhawing van wet en orde is.

Image

David Pujadas

ʼn Dame vertel ook dat mens deesdae nie meer die polisie in Suid-Afrika kan vertrou nie en dat sy “baie bang” is as sy deur hulle voorgekeer word. Aan die einde van die insetsel skiet die elfjarige dogtertjie met ʼn AK-47.

France 2 is die nasionale kanaal van die Franse staatstelevisiediens. Volgens die jongste beskikbare syfers wat in Frankryk gepubliseer is, kyk ongeveer 5,3 miljoen mense elke aand na die TV-nuusbulletin wat om 20.00 deur die nuusleser David Pujadas aangebied word.

игр для девочокФільчаков Олександр Васильович