Salige Kersfees aan al ons lesers!

PRAAG wens al sy lesers ‘n geseënde en aangename Kersfees toe. Dankie dat u getrou ons webwerf gedurende 2007 besoek het.

As u met vakansie is, ry veilig terug.

Kersliedjie

Drie outas het in die haai Karoo
die ster gesien en die engel geglo,
hul kieries en drie bondels gevat
en aangestryk met ‘n jakkalspad

al agter die ding wat skuiwend skyn
op ‘n plakkie, ‘n klip, ‘n syferfontein,
oor die sink en die sak van Distrik Ses
waar ‘n kersie brand in ‘n stukkende fles,

en daar tussen esels en makriel
die krip gesien en neergekniel.
Die skaapvet, eiers en biltong
nederig gelê voor God se klong

en die Here gedank in gesang en gebed
vir ‘n kindjie wat ook dié volk sou red…
Oor die hele affêre het uit ‘n hoek
‘n broeis bantam agterdogtig gekloek.

D J Opperman 

Uit Blom en Baaierd; Tafelberg-Uitgewers,1956.

джип на радиоуправлениилобановский александр жена