Die Egiptiese regering het om verskoning gevra nadat veiligheidsmagte Sondag “per ongeluk” 12 mense, insluitende twee Mexikaanse toeriste, doodgeskiet het. Die Egiptiese ministerie van binnelandse sake sê ondersoek sal ingestel word oor hoekom die toeriste in die verbode gebied was. Tien Mexikane en Egiptenare is ook in die voorval beseer en in die hospitaal opgeneem.
Lees verder: Toeriste in Egipte deur veiligheidsmagte doodgeskiet
