Pieter Mulder ‘beledig’ deur Pretoria-naamsverandering

Dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus het hom in ‘n verklaring teen die versnelde naamsverandering in Pretoria uitgespreek. Mullder meen “Die ANC in Pretoria se verhaasde pogings om die stad se naam voor die Wêreldbekersokkertoernooi te verander, dryf Suid-Afrikaners uitmekaar in ’n tyd waar die regering juis op groter eenheid en patriotisme voor die toernooi

Lees verder: Pieter Mulder ‘beledig’ deur Pretoria-naamsverandering

Ons en hulle

‘n Opvallende kenmerk van die debat tussen meningsvormers, hetsy in briewekolomme, koerantrubrieke of die internet, oor hoe die middelpuntsoekende en middelpuntvliedende kragte in Suid-Afrika neerslag vind, is die standpunt-innames rondom die “ons” en die “julle.” Ras, eerder as kultuurgoedere, is dikwels die norm, en hoewel die pot die ketel verwyt, staan feitlik almal agter die

Lees verder: Ons en hulle

Verkiesing in Sri Lanka spel geweld

Die Singalees-oorheersde regering van Sri Lanka leer nou ‘n harde les: Minderheidsregte word nie oor die loop van ‘n geweer besleg nie. Dié les word nou hard geleer terwyl Sri Lanka se eerste verkiesing hou sedert die Tamil Tiere na 26 jaar se stryd militêr verslaan, en van hul opstandige leiers gestroop is. Minstens vier

Lees verder: Verkiesing in Sri Lanka spel geweld

Die arrogansie van Eskom

“Die Vryheidsfront Plus verwerp met minagting Eskom se roekelose houding jeens alle Suid-Afrikaners. Dit is duidelik dat Eskom homself nou opstel, naas misdadigers en ‘n korrupte ANC-regering, as die grootste vyand van die mense van Suid-Afrika,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Energie gesê. “Dit is skreiend dat Eskom, na al die sinvolle 

Lees verder: Die arrogansie van Eskom

Begrawe F.W. de Klerk

F.W. de Klerk se stigting gaan praat oor Afrikaans. By ‘n vergadering van die Taalraad in 2009 by die Universiteit van Pretoria, het F.W. de Klerk ‘n referaat  gelewer. By hierdie vergadering het ek hom daarop gewys dat die 1993-grondwet oor ‘n sg. “non-diminution clause” beskik het. Met betrekking tot Afrikaans het dit beteken dat

Lees verder: Begrawe F.W. de Klerk

VSA waarsku dat geweld Kenia weer kan teister

Kenia het na afloop van die vorige verkiesing in 2007 moes reken met etniese konflik wat ten minste 1 300 se lewens geëis het, en nog 300 000 mense haweloos gelaat het. Die geweld het Kenia se reputasie as ‘n vreedsame Afrikaland en gunsteling toeristebestemming, groot skade berokken. Intussen is ‘n koalisieregering gevorm, maar die

Lees verder: VSA waarsku dat geweld Kenia weer kan teister

Bennet-getuie glo gemartel

Zimbabwe se hooggeregshof het Maandag die getuienis van ‘n sleutelgetuie in die saak teen Roy Bennett verwerp nadat die man in die hof gesê het hy is gemartel sodat hy vals getuienis kon lewer. Bennett is die tesourier van eerste minister Morgan Tsvangirai se party, die MDC, en sy voortslepende hofsaak is een van die

Lees verder: Bennet-getuie glo gemartel

Tiger se vrou wil nie meer skei

Tiger Woods se vrou wil nie meer skei nie. Dié besluit het gekom nadat sy die gholflegende by ‘n kliniek besoek het waar hy rehabilitasie vir seksverslawing ontvang, het RadarOnline.com Dinsdag berig. Volgens die berig het Elin Nordegren vyf dae by die rehabilitasiesentrum deurgebring en deelgeneem aan Woods se terapie. “Sy was gelukkig toe sy

Lees verder: Tiger se vrou wil nie meer skei

PRAAG-geselsforum beskikbaar vir uitgebreide debatte

Terwyl ons verheug is oor die aantal besoeke wat ons ontvang, asook die lewendige debat op die Disqus-kommentaarfunksie wat sommige artikels uitlok, wil ons lesers daarop attent maak dat die PRAAG-geselsforum soms ‘n beter plek kan wees om langdurige debatte en gesprekke tussen lesers te voer. Die forum hou onder andere die volgende voordele in:

Lees verder: PRAAG-geselsforum beskikbaar vir uitgebreide debatte