Twee meningspeilings, op Beeld en PRAAG

Die belang van internetmeningspeilings by die vorming van die openbare mening word waarskynlik nog nie na waarde geskat nie. Vandag is daar twee meningspeilings, een op Beeld en een op PRAAG waaraan mense behoort deel te neem. Op Beeld word gevra: “Ag jy jouself in die eerste plek ‘n Suid-Afrikaner, Afrikaner of Afrikaanse?” Tot dusver

Lees verder: Twee meningspeilings, op Beeld en PRAAG

Die skisofreniese bruin steun vir Afrikaans

Een van die groot mites wat veral deur Naspers versprei word, is dat blote getalle deurslaggewend sou wees vir die oorlewing van Afrikaans. Dit is dus volgens Naspers se ideologie lewensbelangrik dat bruines en Afrikaners “hande sou vat” (om nou ‘n polities-korrekte Azanië-isme te besig.) Die probleem is egter dat daar niks noodwendig hieraan is

Lees verder: Die skisofreniese bruin steun vir Afrikaans

Cosas teen Afrikaanse skole en vir Malema

Die Congress of SA Students (Cosas) het gister gevra dat Afrikaanse skole gesluit word. Die organisasie het ook sy steun aan Julius Malema “in hierdie moeilike tye” toegesê. “Cosas verwerp enige rasseneigings wat veroorsaak dat onderwysinstellings vir swart studente ontoeganklik is. Swart studente is inheems aan hierdie land en aan die Afrikakontinent en word blootgestel

Lees verder: Cosas teen Afrikaanse skole en vir Malema

Nasionalisering sal lei tot plaasbesettings

Na etlike dae van bespiegelinge oor die moontlikheid dat produktiewe landbougrond as nasionale bate verklaar en genasionaliseer kan word, is TLU SA verstom oor die feit dat daar nog geen amptelike standpunt van die President of enige van die Ministers is ter opheldering van die situasie nie.  “Ons het kennis geneem van die Direkteur-Generaal van

Lees verder: Nasionalisering sal lei tot plaasbesettings

Noodtoestand

Die grondwet maak voorsiening daarvoor dat ‘n noodtoestand verklaar kan word. Tydens so ‘n noodtoestand, wat onder parlementêre toesig en aan parlementêre hersiening onderhewig is, word menseregte van veral aangehoudenes effens beperk. Verskeie versoeke is reeds gerig om ‘n noodtoestand af te kondig. Een hiervan is om ‘n noodtoestand af te kondig sodat misdaad op

Lees verder: Noodtoestand

Polisielid wat gewapende roof pleeg, terug by werk

‘n Pretoriase polisieman wat  na bewering met ‘n gewapende roof verbind word, is terug in sy pos ten spyte daarvan dat hy gearresteer is. Joshua Raboshaba, 50, skofbevelvoerder by die Boskoppolisiestasie, is onlangs deur Helmoet de Graaf geëien as een van die gewapende rowers by een van de Graaf se sakeondernemings. Raboshaba is geïdentifiseer as

Lees verder: Polisielid wat gewapende roof pleeg, terug by werk

Polisie rand beroofde aan toe hy hulp vra

‘n Sakeman van Gauteng wat probeer het om ‘n misdaad te rapporteer, is na bewering aangerand en vir agt ure aangehou. Charl Wessels (30) van Meyerton, het Maandag by ‘n Durbanse hotel ingeteken. Hy is kort na sy aankoms deur vyf mans op die hoek van Dr. Pixley ka Seme- en Gillespiestraat aangeval en beroof.

Lees verder: Polisie rand beroofde aan toe hy hulp vra

Geweld vlam weer op in Mpumalanga

Vier mense is gedurende ’n betoging oor swak dienslewering in Leandra, Mpumalanga vir openbare geweld in hegtenis geneem, het die polisie gesê. Kons. Thabo Lekete het gesê die mans is Woensdag gedurende ‘n betoging wat gewelddadig begin raak het, in hegtenis geneem. Die betogers het die R29 en die R50 met brandende bande versper in

Lees verder: Geweld vlam weer op in Mpumalanga