‘n Beampte van BP het Donderdag met die Amerikaanse regering saamgestem dat die olielek in die Golf van Mexiko daagliks sowat 5000 vate ru-olie in die oseaan kan laat syfer – baie meer as wat voorheen geraam is.
“Ek sou sê die skaal is 1 tot 5000 vate ‘n dag,” het Doug Suttles van BP gesê.
Die Amerikaanse Nasionale Oseaniese en Atmosferiese Administrasie (NOAA) het vroeër gesê daar syfer daagliks meer as 200 000 gellings olie in die Golf van die oorblyfsels van die Deepwater Horizon-olieplatform wat verlede week in ‘n ontploffing en brand vernietig is.
