Polisie rand beroofde aan toe hy hulp vra

‘n Sakeman van Gauteng wat probeer het om ‘n misdaad te rapporteer, is na bewering aangerand en vir agt ure aangehou.

Charl Wessels (30) van Meyerton, het Maandag by ‘n Durbanse hotel ingeteken. Hy is kort na sy aankoms deur vyf mans op die hoek van Dr. Pixley ka Seme- en Gillespiestraat aangeval en beroof.

Sy horlosie, beursie, selfoon en ID-boek is gesteel. Wessels het na ‘n polisievoertuig oorkant die pad gehardloop na afloop van die aanval om hulp te kry.

Die Mercury  berig dat Wessels daarna aangerand en opgesluit is. Volgens die polisie word die saak ondersoek.

“Hy het gesê ek moet fokof en dat dit nie sy werk is om my te help nie. Ek het vir hom gesê dit is sy werk. Hy het geantwoord dat ek hom nie moet vertel hoe om sy werk te doen nie,” het Wessels gesê.

Die drie beamptes het uitgespring en hom aangerand nadat hy die polisievoertuig se registrasienommer afgeneem het toe hy hulp geweier is.

Hy is deur die polisiebeamptes geslaan en met ‘n knie in die ribbes gestamp. Die bestuurder het hom ook aangerand. Hy is daarna hardhandig in die polisievoertuig gestamp.

Hy is na die Boscombe polisiestasie geneem, waar twee beamptes hom in ‘n polisietrok toegesluit het en rassistiese skeltaal toegesnou het. Hulle het Wessels ‘n “wit vark” en ‘n “baster” genoem.

Hy het ook gesien hoe polisielede sonder uniform omkoopgeld van aangehoudenes eis. Die polisielid wat hom uiteindelik vrygelaat het, het aan hom gesê: “Ek het jou nou net gered.”

Wessels het ‘n saak van aanranding en roof teen die oortreders aanhangig gemaak.

запчасти насослобановский александр игоревич класс

Maak 'n opvolg-bydrae