‘n Pretoriase polisieman wat na bewering met ‘n gewapende roof verbind word, is terug in sy pos ten spyte daarvan dat hy gearresteer is.
Joshua Raboshaba, 50, skofbevelvoerder by die Boskoppolisiestasie, is onlangs deur Helmoet de Graaf geëien as een van die gewapende rowers by een van de Graaf se sakeondernemings.
Raboshaba is geïdentifiseer as een van die ses mans wat de Graaf in Augustus aangeval het toe hy dokumente by die polisiestasie wou laat sertifiseer.
Volgens die polisie het “probleme” daartoe gelei dat Raboshaba nie geskors is nie en terug is by die werk.
